Nuwe Mobiele eenhede by Academia ingewy

Nuwe Mobiele eenhede by Academia ingewy

Gansbaai Courant

Van die kontrakteurs, departementele afgevaardighede, beheerliggaamlede en skoolhoof, Tommy Wilson.

Gansbaai Academia het in vier jaar met rasse skrede gegroei en die skool het letterlik uit sy nate gebars. Die gevolg was dat van die personeel nie klaskamers gehad het nie. Die Departement van Onderwys het goedgunstelik drie mobiele eenhede laat oprig. Bouwerk het vinnig gevorder en die klaskamers is Maandag 14 April amptelik ingewy. Dit is ‘n groot positiewe punt dat daar so ‘n groot groei is vir die hoërskool en dat daar werklikwaar ‘n behoefte was en nog steeds is vir ‘n plaaslike hoërskool.  Elke dag wat verbygaan kan die gemeenskap sien in die welslae wat deur die skool bereik word hul drome bewaarheid word en met die samewerking van die mense van Gansbaai kan Academia ‘n skool van uitnemendheid word.

Liezel Mostert

Nuwe Mobiele eenhede by Academia ingewy

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant