Gansbaai Courant

Blog: Ghoema 2014

Published: 24 April 2014
By:Gansbaai Courant

Kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is Sondag 13 April 2014 by Carnival City se Big Top Arena vereer met Ghoema-toekennings. By dié geleentheid is Anton Goosen vereer vir sy lewenslange bydrae tot die bedryf. Kunstenaars word in 25 verskillende afdelings vereer om Afrikaans en Afrikaanse musiek te vier. Die Ghoemas is die enigste onafhanklike musiektoekennings vir Afrikaanse musiek en vanjaar het die Ghoema Musiektrust se raad besluit om die kontinuiteit van die projek te hersien. ‘n Splinternuwe logo is vir die geleentheid ontwerp en vanjaar se wenners ontvang 'n 24-karaat goue Ghoema-trofee wat spesiaal vir die toekennings ontwerp en vervaardig is. Koeksisters en boerewors is ook aan die gehoor uitgedeel as 'n verwysing na Ellen Degeneres wat tydens die Oscar-toekennings pizza vir die gehoor uitgedeel het.

 Gideon Van Zyl

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...