Klugspel is Aksie gereed

Klugspel is Aksie gereed

Gansbaai Courant

Die “hartseer” Bergies nadat Sneeuwitjie die bose Koningin se vergiftige appel geëet het

Gansbaai Courant het verlede week berig oor die skreeusnaakse “Klugspel Operette” wat nie misgeloop moet word nie.

Die NG-gemeente se koorlede het baie opgeoffer en baie hard geoefen, insluitend al die moeite met ‘n pragversierde verhoog en voorportaal en kostuums.

Die beplande klugspel-operette is Sneeuwitjie en die 7 Bergies wat met ongekende humor op die gehoor wag. Die klugspel-operette is oorlaai met humor, skreeusnaakse tonele, die onmoontlike en gepaardgaande met sang en musiek.

“Ons wil die gehoor laat skaterlag soos lanklaas, maar tersefdertyd wil ons fondse op hierdie wyse insamel as ons bydrae tot die herstel van die kerkhorlosie,” sê Aletta Lochner, koorafrigter en ook regisseur van die operette.

Die toneelspelers, insluitend Sneeuwitjie en die bose Koningin, word deur manlike koorlede vertolk. Die dames-koorlede sorg vir bykomende- en agtergrond koorsang, met Annelene Reinke agter die klavier, Dirk Buchner met sy kitaar en Jack White met sy trompet.

Die gewilde VGK Mannekoor lewer ook ‘n bydrae, met Mike Geldenhuys wat vir die professionele beligting verantwoordelik is. Selfs Rooikappie maak haar verskyning op die verhoog. Die 7 Bergies is mynwerkers en selfs ‘n staking kom ter sprake. Dan is daar nog die Lakei, die Waarsegster, die Houtkapper en natuurlik die Prins op sy besemstok-houtperd. Die oorspronklike verhaal van Sneeuwitjie en die 7 Dwergies sal nooit weer dieselfde wees nie. Bekende liedjies, maar met “unieke en eie” beryminge, is onder andere wat gehoor sal word. Verversings ten bate van Herberg-aan-See sal tydens die pouse te koop aangebied word. Om hierdie unieke weergawe te beleef, kan kaartjies vir so min as R40 (volw) en R20 (kinders) by die NG Kerkkantoor gekoop word, maar dit sal ook by die deur gekoop kan word.

Die klugspel-operette word eerskomende Vrydag- en Saterdagaand, 25 en 26 April 2014 om 19:00 vir 19:30 in die Pretoriussaal aangebied.

Hardus Botha

Klugspel is Aksie gereed

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant