Vier Internasionale Brandbestryderdag saam met Overstrand Munisipaliteit

Vier Internasionale Brandbestryderdag saam met Overstrand Munisipaliteit

Gansbaai Courant

Die wêreld sal op 4 Mei Internasionale Brandbestryder-dag vier – ’n dag van herdenking aan die wonderlike diens van die dapper mans en vroue wat met brande en noodgevalle bystand verleen. Ons bring ook hulde aan die brandbestryders se hoogste opoffering om hul lewens tot diens van die mensdom te wy.

Die Wes-Kaap is een van die land se ergste geteisterde veldbrandgebiede, waar brande gedurende die lang, warm somers ’n natuurlike verskynsel is. Die werk van die Overstrand Munisipaliteit se Brandweer-, Redding- en Rampbestuursdiens is onontbeerlik in hul pogings om die biodiversiteit van die streek te bewaar.

Sluit vanaf 10:00 op Saterdag, 3 Mei 2014, aan by die brandbestryders van alle deelnemende munisipaliteite in die Wes-Kaap in hulle voertuigparade deur die dorp na die Ou Hawe Nasionale Museum en die Whale Tail-amfiteater.

Die parade sal by Zwelihle-sportterrein begin, vanaf Swartdamweg na die Hoofweg (R43) in Hermanus se rigting beweeg en links draai by die hoofsirkel by die dorp se rand. Dit sal dan langs die Royalstraat-verbypad na die Lord Roberts-sirkel by Station Mall vorder en met Lord Roberts na die Marinesirkel afbeweeg Hoofweg se kant toe, tot by die Ou Hawe se parkeergebied en Gearing se Punt.

Die brandbestryders sal na die parade ’n erewag by die Oorlogsgedenkteken vorm om hulde te bring aan wyle kollegas en die broederskap en susterskap van hul edel beroep te vier. Besoekers sal die interaktiewe aktiwiteite terdeë geniet – bv. 'n verbymars, dril, vertoning van reddingspogings, operasionele en gespesialiseerde brandtoestelle. Die vertonings van brandbestryding sal die hele gesin heeldag vasgenael hou.

Riana Steenekamp

Vier Internasionale Brandbestryderdag saam met Overstrand Munisipaliteit

Riana Steenekamp

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant