Nuus Uit die Sakekamer

Nuus Uit die Sakekamer

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer help met armoedeverligting:

Na aanleiding van ons besoek aan Mnr Alan Winde Wes Kaapse minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme op 12 November 2013, het daar onder andere navorsing ter sprake gekom wat gedoen is in agtergeblewe gemeenskappe in Mashakane.  Dit is gedoen met die oog om hierdie mense in staat te kan stel om vir hulself voedsel (groente) te kan produseer. Werkloosheid kan aangespreek word en inkomste kan genereer word uit die verkoop van surplus voedsel. 

Na die besoek aan die Minister het amptenare van sy Departement  die Sakekamer in Gansbaai kom besoek. Aksieplanne is bespreek met tydskedules vir implementering op sekere datums. Tans is die projek in Masakhane voor skedule. Omdat die program baie  entoesiasties ontvang en uitgevoer word, is verdere hulp  met armoedeverligting aangebied deur die Departement in die Gansbaai gebied.Die amptenare het met die Sakekamer kontak gemaak om nog projekte in ons gebied te implementeer. 

Aangesien hierdie projek spesifiek gefokus sal wees op skole, kleuterskole en bewaarskole wat hulp benodig met armoedeverligting, kan die Sakekamer gekontak word, wat die Departement in kontak met hierdie instansies sal bring.

Maak gerus gebruik van hierdie geleentheid wat aan ons dorp gebied word. 

Kontak:  Neels 083 446 7811.

Nuus Uit die Sakekamer

Neels Claassen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant