SAPD Vasbytstap

SAPD Vasbytstap

Gansbaai Courant

Seremoniemeester, AO Wynand le Roux gee die groenlig aan Lt-kol Kholosa Moshi van Gansbaai SAPD om met die trofeë-oorhandigings te begin

Gansbaai SAPD het gedurende November verlede jaar besluit om ‘n 30km Vasbytstap vir SAPD-lede in die Wes-Kaap te reël, asook ‘n 5km Pretstap,” vertel AO Wynand le Roux, seremoniemeester en ook koördineerder saam met AO Riaan Mostert. “Die nodige toestemming deur die Provinsiale Kommisaris, LtGen Lamoer moes eers verkry word, waarna die datum vir 9 April 2014 bepaal is.”

Dit was ‘n geskiedkundige dag op Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde, aangesien dit die eerste keer is dat só ‘n besonderse dag in Gansbaai aangebied is. AO’s Le Roux en Mostert het flink aan die werk gespring om die nodige reëlings getref te kry en die administrasie te behartig. Aanvanklik is daar vir sowat 150 deelnemers beplan. Met die afsnydatum vir inskrywings, was daar 154 SAPD-lede vir die 30km wat in spanne ingeskryf het, insluitend individue wat ingeskryf het, met 276 SAPD-lede wat vir die 5km ingeskryf het. “Ons beplan beslis om hierdie Vasbytstap volgende jaar weer aan te bied,” het AO Le Roux gesê. Gansbaai SAPD se span het in die 2de plek in die 30km geëindig. Die wenspan was die Disa Walkers van Stellenbosch.

Die Gansbaai SAPD-span is egter goed gemotiveerd en het reeds met hulle voorbereiding vir die Wellington Vasbytstap, wat eersdaags gaan plaasvind, begin. Daarna wag die bekende Kannaland Vasbytstap in Ladysmith vir hulle. AO le Roux rig ook ‘n spesiale woord van dank aan me M van Rensburg, Uilenkraalsmond Buurtwag, Gansbaai Pistoolklub en Gansbaai GPF vir die bemanning van die waterpunte. Ook aan die plaaslike verkeersafdeling vir die beheer van die verkeer en Overstrand Medical Response vir hul bystand en Corrie Avenant en Denvor October wat met die tydhou gehelp het. “Die dag kan as uiters suksesvol beskryf word en ons bedank graag elke persoon wat op die een of die ander wyse betrokke was, van harte,” sê AO Le Roux.        

Hardus Botha

Gansbaai SAPD se span wat in die 2de plek geëindig het, met voor vlnr sers Frans Groenewald, konst Johan Meyermeyer. Agter vlnr is AO Michael Vermeulen, Delecia Lawrens, AO Jackie Hildebrand en AO Riaan Mostert, saam met Gansbaai SAPD se Stasie Kommissaris, Lt-kol Kholosa Moshi.

SAPD Vasbytstap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant