WEES INGELIG OOR WATERKWALITEIT

WEES INGELIG OOR WATERKWALITEIT

Gansbaai Courant

Die Departement van Waterwese (DWA) beveel aan dat munisipaliteite van tyd tot tyd inligting ten opsigte van die gehalte van sowel drinkwater as die uitvloeisel van hul rioolsuiwerings-werke publiseer.
Waterkwaliteit word teenoor die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) se kode 0241 vir drinkwater gemeet.  SANS se Klas I-standaarde kan as die ideale drinkwater-kwaliteit beskou word, terwyl SANS Klas II-water steeds geskik vir menslike gebruik is maar op die langer termyn aandag moet geniet. 

Die resultate van die afgelope vier maande se waterkwaliteitmetings vir die munisipaliteit se agt waterskemas is uitstekend. Watermonsters word maandeliks by 55 punte geneem en na geakkrediteerde laboratoria vir ontleding gestuur. Dertien verskillende bakteriologiese, chemiese en fisiese parameters word gereeld gemeet.
Daaruit blyk dit dat ons waterkwaliteit van hoogstaande gehalte is, met 93% van die gemiddelde resultate wat aan Klas I-standaarde voldoen, ’n verdere 5% aan Klas II en slegs ’n 2% estetiese parameter wat buite Klas II-standaard val.  Opgraderings wat tans beplan word, of reeds in proses is, sluit in die Preekstoel-watersuiweringsaanleg in Hermanus, ’n nuwe watersuiwerings-aanleg op Baardskeerdersbos en ingebruikneming van nuwe boorgate op Hermanus.
In gevalle waar die toetsresultate van die finale drinkwater nie voldoen aan SANS 0241 nie, word daar regstellings by die watersuiweringsaanleg en in die water netwerk gedoen.  Die finale drinkwater word dan weer getoets om te verseker dat alle parameters aan SANS 0241 voldoen.  Die kwaliteits tabel sluit alle drinkwater monsters wat die laaste vier maande getoets was in, insluitend monsters wat nie voldoen het aan SANS 0241 nie.
Die gehalte van finale rioolwerke uitvloeisel word gemeet teen standaarde wat deur DWA gestel word, welke standaarde as óf Algemene Standaarde óf Spesiale Standaarde geklassifiseer word. By al vyf van Munisipaliteit Overstrand se rioolsuiweringswerke pas die DWA Algemene Standaarde toe.
Die drinkwaterkwaliteits-tabel se gemiddelde metings by Munisipaliteit Overstrand se vyf suiweringsaanlegte is teenoor parameters wat vir die gehalte van uitvloeisel gestel word oor die afgelope vier maande, vergeleke met die DWA se Algemene Standaarde. Monsters word op ’n maandelikse basis vir ontleding deur geakkrediteerde laboratoria geneem. Die volledige Drinkwaterskwaliteit-tabel is by die Munisipaliteit beskikbaar vir insae.
In Munisipaliteit Overstrand voldoen die gehalte van die uitvloeisel van vuilwater in 87.3% van die gevalle aan die gemiddelde metings wat vir Algemene Standaarde gestel word. Verbeteringsprojekte word tans by al vyf rioolsuiweringsaanlegte onderneem. 
In gevalle waar die toetsresultate van die finale uitvloeiselmonster nie voldoen aan die standaard nie, word daar regstellings by die werke gedoen.  Die afloopwater word dan weer getoets om te verseker dat alle parameters aan die standaard voldoen.  Die kwaliteits tabel sluit alle monsters wat die laaste vier maande getoets was in, ook die monsters wat nie voldoen het aan die standaard nie.             

Fanie Krige

WEES INGELIG OOR WATERKWALITEIT

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant