Krokodil op Uilkraalstrand

Krokodil op Uilkraalstrand

Gansbaai Courant

'n Krokodil op Uilkraalstrand het die koppe van vakansiegangers behoorlik aan die draai gehad. Gelukkig was krokodil-se-kind met seesand geskep.

Die "beeldhouer" was Ernst Nieuwoudt van Parow in die Kaap. Hy het die volledige krokodil met presiesheid, van sy sterpunt tot by die punt van sy bek, op die wal van die lagoon "uitgekerf".

'n Klein dogtertjie het verbygestap en doodluiters gesê: "You must be a crocodile artist!"

Elcine Hulme van Franskraal het Gansbaai Courant van die "beeldende kunste" op die strand verwittig. Dit was egter nie lank nie of die harde werk is stukkie vir stukkie afgekalwe en die krokodil het in die niet verdwyn voordat Natuurbewaringsbeamptes op die toneel verskyn het. Kort voor die skep van die krokodil, het Ernst 'n yslike manskop teen die hange van die strand uitgekerf. Die stuk beeldhouwerk het net so realisties soos die krokodil gelyk, nogal met die grasgedeelte op die wal wat perfek soos sy hare vertoon het.

Ernst is 'n grafiese ontwerper en hy sê dit wat hy op die strand doen is vir hom uit-en-uit ontspanning. Sy eggenote, Elna en die egpaar se kinders, Jens en Melissa, het hom maar net met skuddende koppe dopgehou. Op die twee meegaande foto's sit Ernst Nieuwoudt by sy twee beeldhouwerke wat hy met Uilkraalstrand se sand geskep het.
Hardus Botha

Krokodil op Uilkraalstrand

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant