Hugh-Daniel presteer weer

Hugh-Daniel presteer weer

Gansbaai Courant

En toe doen Hugh-Daniel Grobler dit weer. Hy palm sommer twee aansienlike fotografie-pryse na mekaar in.

 
Hugh-Daniel Grobler (links)  met een van sy pryse, 'n Tamron-prys ter waarde van R10,000, wat hy onlangs ingepalm het

Eerste aan die beurt was die gewilde tydskrif, Die Weg se "Foto van die Jaar"-kompetisie, waar hy met die 1ste prys weggestap het.

Letterlik duisende foto's is gedurende 2012 vir hierdie gesogte kompetisie ingestuur. Maandae tot Vrydae word die foto van die dag gekies en elke week weer die foto van die week. Wenners hiervan kom dan in aanmerking vir die Foto van die Jaar, wat in 2012 se geval Hugh-Daniel was. Sy prys is 'n R2,000 geskenkbewys vir inko-pies by Cape Union Mart.

Daarna volg die "groot kanon" vir hom. Dit was Tamron se jaarlikse kompetisie, Shoot to Thrill.
Deelnemers skryf foto's vir 'n verskeidenheid van kategorieë in, soos onder andere aksie, wildlewe, water, portretstudies en makro. Naas die wenners in elke kategorie, word daar dan uit al die kategorieë 'n algehele wenner vir die 1ste prys aangewys. Weer eens was dit Hugh-Daniel.
Die enorme prys waarmee hy weggestap het, is 'n 200-500mm Tamronlens ter waarde van R10,000, wat sekerlik nie te versmaai is nie.

Gedurende die jaar het hy nog twee ander pryse vir sy fotografie ook gewen: Camera Land se maandelikse kompetisie en die Wild Fruit Juice kompetisie.

Hugh-Daniel is 'n werknemer van Gansbaai munisipaliteit en ook 'n aktiewe lid van Gansbaai Fotografieklub. Sy aanvanklike belangstelling in fotografie het baie vinnig 'n passie vir hom geraak, waarna hy mettertyd in 'n knap (professionele) fotograaf sonder enige opleiding ontluik het. Hy spog met verskeie pryse agter sy naam, asook foto's van hom wat al gereeld in Gansbaai Courant en Die Burger geplaas is.

Hugh-Daniel se besonderse foto’s kan op Facebook: HD Photography besigtig word en sy e-posadres is hdgrobler@gmail.com. 

Hardus Botha

Hugh-Daniel presteer weer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant