SD doen dit weer

SD doen dit weer

Gansbaai Courant

Vlnr is Frank Louw, Ingrid Penzhorn, Nada Wotshela, Wilken Calitz, William Oosthuizen en SD Fourie van Franskraal

SD Fourie van Franskraal het haarself al deeglik bewys met die skryf van boeke en radiodramas. Etlike pryse is ook al deur haar ingepalm en nou het sy dit weer reggekry.

SD se nuwe radiodrama is John Birkenhead en sal gedurende RSG se eerste teater-seisoen gedurende April vanjaar uitgesaai word. John Birkenhead het betrekking op die stranding van die HMT Birkenhead wat op 26 Februarie 1852 by Danger Point gestrand het. Daar was 100 inskrywings vir vanjaar se kompetisie, met SD wat met die 3de prys weggestap het. Die kompetisie staan bekend as die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie, met Frank Louw as borgskapbestuurder van Sanlam en Nada Wotshela, SABC streekbestuurder wat tydens die prysoorhandigingsfunksie teenwoordig was. Ander wenners was: William Oosthuizen in die 1ste plek met Ons gaan huis toe; Wilken Calitz in die 2de plek met Veertig Dae; Ingrid Penzhorn, wenner in die kategorie vir skrywers jonger as 30 jaar met haar Vlug. Enkele van SD se vorige radiodrama prestasies is die volgende: Roep van die Potjieriet (2004 - 3de plek), Droomskip (2008 - 1ste plek) en nou John Birkenhead (2012- 3de plek). Sy het reeds 6 radiodramas geskryf, met almal wat op die kortlys geëindig het. Droomskip is ook opgeneem in die bundel Droomskip en ander radiodramas wat as voorgeskrewe werk vir hoërskole saamgestel is. "My skryfwerk is nog lank nie afgehandel nie en daar is nog baie ink in die pen. Dit is telkens 'n groot voorreg vir my om prysuitdelingsgeleenthede by te woon, met belangrike skrywers skouer te skuur en om nuwe skrywers te ontmoet. Daar is soveel talent en ons is almal Trots Suid-Afrikaans," het SD gesê. Gansbaai Courant dra graag opregte gelukwense aan SD oor.
Hardus Botha

SD doen dit weer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant