Skemerstap op hande

Skemerstap op hande

Gansbaai Courant

Die wegspring tydens verlede jaar se Skemerstap ten bate van Herberg-aan-See Nasorgsentrum. (Argieffoto: Gansbaai Courant)

"Vanjaar se Skemerstap was so byna-byna van die baan, maar op openbare aandrang is dit nou sommer voor die deur," vertel Francia van Dyk, sameroeper van Gansbaai Goue Hande. Die jaarlikse Skemerstap ten bate van Herberg-aan-See Nasorgsentrum het 'n gewilde instelling geword en vind vanjaar op Dinsdag, 19 Maart 2013 plaas. "Dit gaan weer ‘n  lekker skemerstap/wandeling wees waar ons gesellig saam gaan verkeer en sodoende ook broodnodige fondse vir verbeterings aan die Nasorgsentrum by Herberg-aan-See insamel," sê Francia.

Die wandelaars begin om 17:30 by die Kleinbaai Sleephelling. "Al wandelende beteken dat ons wandelaars sowel as stappers verwelkom," sê Francia. Motors kan in die Sleephelling se parkeerterrein gelaat word, aangesien vervoer vanaf die eindpunt aan bestuurders verskaf sal word om weer daar uit te kom. Deelnemers word aangeraai om lekker loslit aan te trek, maar bring iets warms saam om by die eindpunt aan te trek, waar daar gesellig saamgekuier gaan word. ‘n Kombersie of iets om die Strandveldmuseum op te sit, sal ook handig wees.

Deelnemers stap al langs die Kleinbaaikus met die gruispad langs, dan oor ‘n stukkie natuurlike kuspad verby die Rooikransies en die laaste gedeelte al met die teerpad kuslangs voor Franskraal verby tot by die Strandveldmuseum. Rolstoele is baie welkom en sluit in Franskraal by die groep aan. "Maak seker u plaas u naam op die lys by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes [028 384 0501], aangesien ons die getalle benodig om die nodige reëlings te tref en daar is wel 'n afsnypunt vir die getalle," versoek Francia. Deelnemers sal van ‘n koevert met instruksies voorsien word. Die koeverte word na die eindpunt saamgeneem, met donasies daarin. Sy kan ook geskakel word om name op die lys aan te bring en dan kan die koeverte by die beginpunt gekry word.

Vir verdere navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 geskakel word. "Kom stap lekker saam - dit is heerlik!!!!! En gesellig!!! En daar is verrassings langs die pad!!!! En onthou die datum: Dinsdag, 19 Maart 2013 om 17:30!"
Hardus Botha


 

Skemerstap op hande

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant