Opgewonde stappers

Opgewonde stappers

Gansbaai Courant

Die onlangse voetslaangeleenthede ten bate van Overstrand Hospice se terminaal-pasiënte, het as 'n groot sukses afgeloop. Dee Back van Overstrand Hospice het laat weet dat sowat 40 volwassenes, 3 moniteerders en 32 geborgde kinders aan die staproete vanaf Grotto Beach na Sopiesklip en terug deelgeneem het.

"Veral die kinders was baie opgewonde en is van koeldrank en water voorsien. Met hul terugkoms is hulle ook met 'Bunny Licks' en appels verras." Die groepfoto wat die staproete vanaf De Kelders na Grotto Beach in Hermanus dui op sowat 55 volwassenes en 'n kind of twee wat deelgeneem het. Kort vóór die stap het die groot groep stappers hartlik "Happy Birthday to you" vir Les Clark, voorsitter van die Lighthouse 2 Lighthouse Charity Walk, gesing, wat op dieselfde dag verjaar het. 'n Lourierkrans is om haar nek gehang waarmee sy moes stap. 

Die lang stap vanaf De Kelders na Grotto Beach het begin, met almal nog fris en vars


Een van die staptogte se doelwitte was om fondse vir Overstrand Hospice te genereer. Die tweede doelwit was 'n oefengeleentheid vir die groep dames van die Lighthouse 2 Lighthouse Chari-ty Walk. "Die bedrag wat ingesamel is, sal tydens 'n Toekenningsaand op 27 Maart te Newton Johnson Wine Estate amptelik aan Overberg Hospice oorhandig word," sê Les. Die Light-house 2 Lighthouse Charity Walk be-staan uit 'n groep dames vanuit die Overstrand wat beplan om die ±100km vanaf Aghulhas Lighuis na Dangerpoint Lighuis oor 'n tydperk van 4 dae vir die 8ste keer te voet af te lê. 

"Ons doel met hierdie jaarlikse staptog is om fondse vir liefdadigheid in die Overstrand in te samel," vertel Les. Enorme bedrae is reeds op hierdie wyse deur hulle vir liefdadigheid ingesamel. Overstrand Hospice is 'n konsep van versorging van terminaal-siek pasiënte en het reeds in 2007 hul deure oopgemaak. Sedertdien het hulle al na meer as 400 pasiënte omgesien.

Hulle webtuiste is www.overstrandhospice.org.za en vir navrae kan hulle by 028-312-4679 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan die gedugte span by
hospice@hermanus.co.za.
Hardus Botha

 

Opgewonde stappers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant