Overberg Wood Turner Association

Overberg Wood Turner Association

Gansbaai Courant

2013 het afgeskop met 16 manne, wat die OWA vergadering bygewoon het in Kleinbaai op 14 Februarie om 18:00. Gansbaai lede, asook lede van Kleinmond,  Hermanus en Bonnievale was baie  entoesiaties om  die nuwejaar te begin.

Die OWA is onder leiding van Stigterslid en huidige voorsitter Hannes Lüdick begin  in April 2010, uitsluitlik vir houtdraaiers. Die behoefte het onstaan deur dat  van die lede houtdraaibanke het en nie die volle potensiaal uit hulle masjiene kon kry nie. Die funksie van die OWA is om jou masjien te ken, hoe om veiligheid toe te pas,  watter hout is geskik vir draai, watter bytels gebruik word,  hoe om jou bytels skerp te maak en algemene kennis op te bou. Dis 'n gesellige klomp bymekaar, en heelwat van hulle het al hul draaibanke opgegradeer na groter masjiene. 'n Demonstrasie wat verlede jaar aangebied is deur Hannes om penne te draai, het die klomp lede omtrent op hol gejaag, en daar is penne gedraai vir Afrika.  Die klub bestaan uit ongeveer 20 lede, en daar word maandeliks uitgesien na die byeen-komste.

Vergaderings vind plaas op die 2de Donderdag van elke maand. Enige persoon wat 'n belangstelling in houtdraaiwerk het is baie welkom om die aand saam met hulle deur te bring.  Die lede is ook altyd opsoek na hout, en daar word 'n beroep gedoen dat as daar 'n groot boom is wat afgekap word, die OWA gekontak kan word.

Houtdraai kursusse word ook aangebied en Hannes kan op 082 8903 679 of 028 3841170 gekontak word, ook vir inligting rakende die OWA.                      
Rienie Lüdick

Overberg Wood Turner Association

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant