OK Klient wen Nissan

OK Klient wen Nissan

Gansbaai Courant

Die betrokkenes en die wenner, met vlnr Gary Lee, Chris van Rensburg, Koos Senekal, Petra van Rensburg, Gerhard Kriel, Hubie Kriel (wenner van die Nissan) en rdh Pieter Scholtz

"En ja, sowaar, een van OK Foods Gansbaai se kliënte word uit derduisende inskrywings getrek en is een van die wenners van 'n nasionale kompetisie," was Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods se eerste opgewonde opmerking.

Die opgewondenheid (en trane!) van Hubie Kriel van Franskraal het egter Petra se opgewondenheid met 'n spoed verbygesteek. Hubie is die wenner van 'n splinternuwe Nissan NP200 1.6i bakkie - bloedrooi van kleur! Die OK Franchise Divisie van die Shoprite Checkers Groep (OKFD) het 'n Nasionale Kompetisie landswyd geloods waartydens 11 van hierdie bakkies gewen kon word. "Ons is ongelooflik opgewonde om hierdie wonderlike prys aan een van ons gelukkige kliënte te kan oorhandig," het Petra gesê. "Wat 'n wonderlike eer het Gansbaai toegeval - heerlike positiewe nuus!" Hubie en haar ewe (dalk meer!) opgewonde eggenoot, Jan, is saam met enkele gaste deur Gansbaai OK Foods uitgenooi om haar bakkie op Dinsdag, 12 Maart 2013 te kom afhaal.


Hubie Kriel sit hier met 'n tevrede glimlag in haar splinternuwe Nissan NP200 1.6i

Die bakkie het ewe spoggerig in die ingangsportaal van die winkel gestaan en Hubie het sonder ophou geglimlag. Betrokkenes wat die geleentheid bygewoon het en die bakkie oorhandig het, is Gerhard Kriel (Hoofbestuurder: OKFD), Gary Lee (OKFD), Koos Senekal (OKFD) en Gansbaai OK Foods se trotse eienaars, Chris en Petra van Rensburg. Overstrand se Uitvoerende Onderburgemeester, rdh Pieter Scholtz, was ook teenwoordig. Smaaklike verversings is aan die gaste voorgesit en Hubie het daar en dan haar motorversekering gereël om seker te maak sý is die een wat met die bakkie daar wegry.   

Hardus Botha


 

OK Klient wen Nissan

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant