Rubber Ducks nou in Gansbaai

Rubber Ducks nou in Gansbaai

Gansbaai Courant

'n Voorbeeld van 'n 3m Rubber Duck (Opblaasboot) wat plaaslik deur Omega Marine gebou word - 'n eerste vir Gansbaai

Die vervaardiging van opblaasbote, of te wel "rubber ducks" in Gansbaai, is beslis 'n "eerste" vir Gansbaai. Kobus van Staden van Omega Ondernemings in die Industriële area sê dat hulle gedurende November verlede jaar besluit het om aan hengelaars wat nie 'n groot boot kan bekostig of wil hê nie, 'n bekostigbare alternatief beskikbaar te stel." Dit het aanleiding gegee tot Omega Marine se eerste opblaasboot van 3,0m, wat volledig in Gansbaai gebou is - 'n eerste keer vir Gansbaai. "Die bote is baie stabiel met hulle opblaasbare kiel, terwyl daar ook gehoor gegee is aan kliënte se behoeftes vir 'n wyer boot sodat 'n visbak gemaklik kan inpas," vertel Kobus. "Die bote is lekker ruim en 3-4 mense kan met gemaak op die 3,4m boot pas."

Die baie bekende en kundige (ook kunstige) Henry Claassen, met 20 jaar ondervinding in hierdie bedryf, is die afgelope jaar in diens van Omega Ondernemings. Verskeie lekkende opblaasbote is al herstel en ook met nuwe pontoons toegerus wat dit soos ’n nuwe boot laat lyk. "Kliënte is reeds bewus daarvan dat Omega baie gesteld is op kwaliteit en ons is dan ook nou trots om te kan sê dat Henry nie sal teleurstel nie - sy vakmanskap is uitstaande," sê Kobus. Omega Ondernemings het gedurende die afgelope 13 jaar bekend geword vir die wye reeks kwaliteitprodukte en -dienste wat hulle aanbied. "Nou word Opblaasbote, beter bekend as Rubber Ducks, professioneel in Gansbaai vervaardig en herstel." Die bote word op die perseel ten toon gestel en kan besigtig word. 'n Verdere voordeel is dat hierdie bote ook op bestelling en volgens die kliënt se spesifieke behoeftes gebou kan word. Kobus sê Omega Marine bou tans nog net sagtekielbote, maar opblaasbote met 'n soliede glasveselkiel is reeds op die horison. Omega Marine sal die produkreeks in die toekoms uitbrei om 'n wyer reeks produkte aan die publiek en booteienaars te verseker.

Belangstellendes kan die gedugte span, 'n trots vir Gansbaai, by 028-384-2973 of stuur 'n e-pos aan kobus@omegaenterprises.co.za.                
Hardus Botha
 

Rubber Ducks nou in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant