Ex Gansbaaier beroemde Saagspeler

Ex Gansbaaier beroemde Saagspeler

Gansbaai Courant

Hannes (Saag) Vermeulen, 'n ex-Gansbaaier wat genooi is om aan die jaarlikse Saagfees in New York te gaan deelneem

"Ek wou jou maar laat weet het (spog) dat ek die eerste Suid-Afrikaner is wat die saag bespeel en Suid-Afrika tydens die New York City Musical Saw Festival op 1 Junie vanjaar in die Trinity Lutheran Church, Astoria, New York gaan verteenwoordig. Ons Gansbaaiers het niks om voor skaam te wees nie, net baie om op trots te wees en hier gaan ek nou sowaar internasionaal," lui die e-pos wat Hannes Vermeulen, 'n ex-Gansbaaier, aan SD Fourie van Franskraal gestuur het.

Hannes, ook bekend as "Hannes Saag", vertel dat hulle op 1 April 1954, bykans 60 jaar gelede, vanaf Parow Vallei na Gansbaai verhuis het, waar hulle die destydse Eureka Losieshuis tot einde Maart 1057 bedryf het. Sy pa het daarna die ou pastorie, "Rusoord 1939", by Philip (Bokkie) Fourie vir £1,500 gekoop. "My pa het sy 'musikale' saag in 1932 vir £2.10 in die Kaap gekoop en ook tydens vele konserte en huisfunksies in Gansbaai daarmee opgetree," vertel Hannes. "En terloops, ek het eers onlangs uitgevind dat my pa ook die bynaam 'Hannes Saag' gehad het." Hannes vertel dat dit hom sowat 2 jaar geneem het om die saag as 'n musiekinstrument te kon bemeester. Na sy pa se afsterwe in 1973 hy sy sy saag geërf - 'n instrument wat hy vir 41 jaar bespeel het, terwyl Hannes Jnr dit ook nou reeds sowat 41 jaar lank bespeel. Sedertdien het Hannes die landvol met sy saag-optredes gereis en ook aan kompetisies deelgeneem. Onder andere het hy ook in die ou AGS Kerk in Gansbaai opgetree. Hy vertel met die tong in die kies dat hy "met durf" vir die SA's Got Talent ingeskryf het.

"Ek het tot by die derde rondte gevorder waar my ouderdom teen my begin tel het, maar ek het darem 'n DVD van hulle as erkenning gekry!" Hannes het in kontak met die organiseerders van die New York City Musical Saw Festival gekom en is genooi om aan hulle jaarlikse "saagfees" deel te neem. Na vele daadwerklike pogings om fondse in te samel, is Hannes nou op 'n pad van veel groter roem - om Suid-Afrika in New York tydens hulle jaarlikse Saagfees te gaan verteenwoordig. Hannes was hier in Gansbaai  op skool tot einde 1960, en vertel dat hy as die stoutste …. onthou sal word, waarna hy aan die Hoër Handelskool in die Paarl aan die einde van 1962 gematrikuleer het. Sy broer het as Sarel "Seemonster" Vermeulen bekendgestaan en is op 31 Desember 1998 "deur 'n perlemoenstroper doodgery". Hannes se eggenote, Hilda, is op 22 November 2000 oorlede en hulle het 2 dogters, met een van hulle wat 'n fisioterapeut in Worcester is. Hannes was vir 20 jaar in die Suid-Afikaanse Weermag betrokke, waar hy ook sy 20 Jaar Troue Diens Medalje ontvang het. Nou kan Gansbaaiers wat hom goed ken, trots wees op sy besoek aan New York om aan hulle te wys wat 'n Suid-Afrikaner van Gansbaai met 'n saag kan maak.

Hardus Botha

Ex Gansbaaier beroemde Saagspeler

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant