Mej Fees en die Poppieprojek

Mej Fees en die Poppieprojek

Gansbaai Courant

Tydens Elzaan van Lill, Mej Fees van die Ganse se onlangse Paasbesoeke aan die drie Tehuise vir Bejaardes, het sy ook 'n draai by die Woekermark in die Pretoriussaal gemaak. Daar het sy by Marina Bruwer en haar 6 vriendinne se stalletjie vir die Waardevol vir Jesus Poppieprojek aangedoen. Sy het dadelik aanklank by die projek gevind, aangesien kinders ook deel van haar fokuspunte vorm. "In totaal het ons groepie nou al sowat 11,216 poppies vir laerskole en sowat 973 hartjies vir hoërskole gebrei," het Marina aan Elzaan verduidelik. Marina se dogter, Madri Bruwer van Straatwerk in die Kaap, was ook tydens Elzaan se besoek teenwoordig. "Kinders wat reeds misbruik is of betrokke is by prostitusie en pornografie word prakties bygestaan. Die handgebreide poppies en handgemaakte hartjies dra 'n spesifieke boodskap aan die kinders oor," het Madri verduidelik. Die Waardevol vir Jesus Poppieprojek is 'n inisiatief van Straatwerk en Marina is reeds sedert die begin daarvan daarby betrokke. "Landswyd het Straatwerk al sowat 110,000 kinders met die Poppie- en Hartjieprojekte bereik," het Madri aan Elzaan verduidelik. Om in hierdie omgewing by die Waardevol vir Jesus Poppieprojek betrokke te raak, kan Marina Bruwer by 028-388-0250 of 072-261-9105 gekontak word.

Staan asseblief 'n sirkel om my!


Vlnr is Elzaan van Lill (Mej Fees van die Ganse), Madri Bruwer (Straatwerk) en Marina Bruwer (Waardevol vir Jesus Poppieprojek - Gansbaai)


"Ons kinders het nodig dat ons 'n sirkel om hulle staan. 'n Sirkel waarbinne hulle veilig sal wees en kan floreer. Dis nie dat die sirkel afwesig is nie. Soms is die ruimte daarbinne net so beperk. Soms los ons mekaar se hande, omdat ons sukkel om mekaar te vind. Soms oorweldig ons eie seer ons en gaan staan ons eenkant in ons eie alleenheid. Die sirkel is nie 'n meganisme nie. Dit is 'n organisme nie - dit lewe! En in die sirkel is groei en beweging nie net toelaatbaar nie, maar totaal deel van die karakter. In die sirkel is daar ruimte vir kinders van alle ouderdomme, ook hulle wat in jare lankal volwassenes is. Ons glo dat Christus 'n einde wil bring aan seksuele misbruik, prostitusie en pornografie deur Sy kerk en in sy Naam, deur gefokusde gebed en gedringde aksie. Ons moet die sirkel wees en die kinders van Suid-Afrika is ons kinders. Om in die sirkel te staan moet ons saam hoop en bid, staan teen die euwels wat ons kinders verslind en self die pad van heling loop. Selfs al gaan ons hoop teen alle menslike logika in, moet ons hoop. Ons moet hoop vir ons kinders en vir onsself. Hoop is wel leeg wanneer dit gebou word op ons eie potensiaal en insig. Maar, wanneer ons in Christus hoop en in die krag wat Hom uit die dood opgewek het, is dit die hoopvolste en verstandigste ding wat ons kan doen...vir ons en ons kinders. Mag ons leer hoop en ons lewens daarop bou!"

Straatwerk se webtuiste is www.straatwerk.org.za en hulle kan by admin@straatwerk.org.za of 021-930-8055 gekontak word.                                                                  

Hardus Botha

Mej Fees en die Poppieprojek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant