Gansbaai Courant

Whale Coast Conservation

Whale Coast Conservation

Gansbaai Courant

Die Overstrand Conservation Foundation (OCF), wat nou as Whale Coast Conservation (WCC) bedryf word, is in 2002 gestig. Gansbaai Toerisme is 'n geregistreerde lid van hulle en Glenda Kitley, Bestuurder, woon alle Algemene Jaarvergaderings by om op hoogte van sake te bly. "Waar moontlik, neem ons ook deel aan sommige van hulle projekte en uitstallings," sê Glenda. "Hulle laat weet ons ook gereeld wanneer daar byvoorbeeld ontwikkeling gaan plaasvind wat teenstrydig met die Bewaringsbeleid is, waarop ons dan relevante kommentaar lewer." 'n Inskrywing op WCC se webtuiste lui soos volg: "We are a member based organisation founded with the mission to unify, co-ordinate and promote environmentally sustainable living in the Cape Whale Coast region of the Western Cape, South Africa. Our vision is that the Cape Whale Coast community will be a vibrant, environmentally sustainable community. We are committed to inspiring people in the Cape Whale Coast region to become a vibrant and environmentally sustainable community. We work with community, business and government and champion responsible environmental management and optimal utilisation of our ecosystem services. The OCF is registered both as a Non-Governmental Organisation (NGO) and as a Public Benefit Organisation (PBO), which means that donations and bequests to the organisation are eligible for tax deductions."

Dr Anina Lee demonstreer die "Bungee-jumping Bear" aan leerders tydens verlede jaar se suksesvolle "Energie-ekspo" deur Whale Coast Conservation

Hulle werksaamhede is in 4 fokuspunte opgedeel: "Eco-Management (including Eco-advocacy and Eco-watch); Eco-Learning; Cape Whale Coast Going Green; Eco-Community." WCC is hoogs aktief betrokke in die Eko-Leerveld en is ook die geakkrediteerde koördineerder van Internasionale Eko-Skole programme regdeur die Cape Whale Coast gebied. Tans is daar 28 geregistreerde Eko-Skole onder die bekwame toesig van 7 gekwalifiseerde koördineerders in die Wes-Kaap. In Gansbaai is Marlette Longland die koördineerder van alle Eko-skole projekte, met Gina Boysen wat haar voorganger was. WCC versprei ook 'n maandelikse en goedversorgde Nuusbrief, saamgestel deur dr Anina Lee, Kommunikasiebestuurder, met relevante en interessante inligting en foto's wat lesers op hoogte van projekte en bewaringsaangeleenthede hou. WCC se missie en Visie spreek vanself: "Mission - is to conserve the natural wonders of the Cape Whale Coast by championing responsible, co-ordinated environmental management and living a one-planet, sustainable lifestyle; Vision - is that the Cape Whale Coast will be an ecologically treasured environment within which to build a vibrant environmentally, socially and economically sustainable community."

Vir volledige inligting kan hulle webtuiste by www.whalecoastconservation.org.za besoek word.

Belangstellendes kan Whale Coast Conservation by 028-316-2527 skakel, of stuur 'n e-pos aan hulle by wcc@ocf.org.za.

Hardus Botha

Whale Coast Conservation

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant