Suksesvolle Opeskietdag

Suksesvolle Opeskietdag

Gansbaai Courant

Die groot groep deelnemers aan Gansbaai Pistoolklub se Opeskietdag by hulle klubhuis

Gansbaai Pistoolskietklub se prettige Opeskietdag het suksesvol afgeloop. "Die agtermiddag se pretskiet het goed verloop en die gelukkige wenners wat elkeen 'n prys gewen het, was Renè Human en John Wreyford," vertel Cathy Hammond van die Klub. "Ons het net die twee pryse gehad, maar alle deelnemers het die agtermiddag terdeë geniet." Hierdie is 'n jaarlikse instelling van die klub, onder voorsitterskap van Alec Kitley, wat uitstedig was tydens die byeenkoms. Dit kan eerder as 'n "Prêtdag" beskryf word, aangesien alle besoekers ook gesellig kon saamkuier en verversings geniet, terwyl die geleentheid om as lede aan te sluit aan nuwelinge daargestel is. Gansbaai Pistoolskietklub is vanjaar in hul 19de bestaansjaar, ná die stigting van die klub op 10 Februarie 1994, met Alec wat steeds as voorsitter dien.

Vir enige navrae rakende die klub kan Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275 geskakel word, of skakel die ondervoorsitter, Andy Hammond, by 028-384-2062.           

Hardus Botha

Suksesvolle Opeskietdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant