Teerpad sooi gespit

Teerpad sooi gespit

Gansbaai Courant

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie spit die eerste sooi vir die aanbou van die teerpad.

Die bou van ‘n teerpad tussen Uilenkraalsmond en Elim, as deel van die projek om die Suidpunt, Bredasdorp en Elim met Gansbaai te verbind, is verlede Donderdag tydens ‘n sooispit seremonie in Elim geloods. Die Departement van Vervoer en Publieke Werke van die Wes-Kaap onderneem die projek teen ‘n koste van R277 miljoen. Daar word verwag dat die kontrak oor 30 maande sal strek en die werk het reeds in aanvang geneem. Die pad behoort dus in die tweede helfte van 2015 voltooi te word. Die kontrakteurs is Haw and Inglis en die ingenieursfirma is HHO Africa Infrastructure Engineers. Die werk sluit ook die opgradering van die pad deur die dorpsgebiede van Elim en Baardskeerdersbos in en sal op ‘n manier gedoen word om die atmosfeer en kultuur historiese karakter van die dorpe verder esteties uit te bou. ‘n Nuwe brug sal ook oor die Uilenkraalrivier gebou word.

“R16 874 282 van die algehele kontrak is gereserveer vir plaaslike arbeid teen ‘n vasgestelde tarief van R150 per persoon per dag. Dié arbeidsmag sal deur ‘n gemeenskaps betrokke deursigtige proses uit die plaaslike omgewing aangestel word. Dit sal verseker dat die aanstellings regverdig gedoen word. Verdere R1 170 500 is geallokeer vir arbeidsopleiding, leierskap en vakleerlingskap om op die langtermyn verkose lede van die plaaslike gemeenskap tot voordeel te strek,” het Minister Robin Carlisle gesê.  Volgens hom sal die projek essensiële infrastruktuur aansluitings in die omgewing tot gevolg hê. “Die projek sal by voltooiing drie gemeenskappe in die Suid-Kaap naamlik Gansbaai, Elim en Bredasdorp bedien en die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot gee. Dit sal ook ‘n nuwe toeristepoort in ‘n gebied met hoë potensiaal skep,” het Carlisle verder in ‘n verklaring gesê.

Die sooispit geleentheid was ook deur die Overstrand se Uitvoerende burgemeester, Nicolette Botha-Guthrie en Onder Burgemeester, raadsheer Pieter Scholtz bygewoon.

Tydens die seremonie het die Overberg Distriks Munsipaliteit se burgemeester, Lincoln De Bruyn, die verwelkoming gedoen waarna Ds M October ‘n diens in die historiese Morawiese Kerk gelei het.

Die projek is reeds in 2001 deur Overstrand Munisipaliteit en die boeregemeenskap geïnisieer. Die gemeenskap van Elim en Agulhas Munisipaliteit het die projek ook ten volle gesteun en dit het tot die goedkeuring van die projek gelei.
 

Franscois de Jongh

Teerpad sooi gespit

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant