Fun Walk vir Gesondheid

Fun Walk vir Gesondheid

Gansbaai Courant

Voor vlnr is Yolandi Kriel en Jackie Lombaard, met Junior Xtreme op haar skoot. Agter vlnr is Jason van Rooyen en Pieta Botes.

'n "Fun walk" vir die bewusmaking van fiksheid en algemene gesondheid word vir Saterdag, 4 Mei 2013 beplan. Die staptog sal sorg vir groot pret, maar die fondse sal ten bate van Flower Valley Early Learning Centre wees. Die pretstap is die inisiatief van Pieta Botes van Xtreme Fitness en Jackie Lombaard en Yolanda Kriel van Herbal Life Independent Distributors. Die staptog begin om 10:00 by Xtreme Fitness bokant ABSA, met die roete verby Gansbaai OK Foods, af na Gansbaai hawe, verby Gansbaai Karavaanpark en dan kuslangs tot by Stanford's Cove en weer terug. Waterpunte langs die roete sal deur Dr HC Barnard Mediese Praktisyn, Boat House restaurant in Gansbaai hawe, Flower Valley, Xtreme Fitness en Herbal Life Independent Distributors geborg word, met Gansbaai OK Foods wat vir verversings en 'n lafenis by Stanford's Cove sal sorg. Terug by Xtreme Fitness, begin die pret behoorlik met die tema "Wat maak vir Gansbaai lekker?"

As voorloper van die pretdag, word belangstellendes uitgenooi na 'n byeenkoms Vrydagaand, 3 Mei 2013 om 18:00 vir 18:30, waar interessante inligting rakende fiksheid en gepaardgaande aspekte verskaf sal word. Pryse en spesiale pakkette sal ook aangekondig word. Kostes vir deelname beloop 'n skrale R20 per deelnemer, wat ten bate van die Flower Valley Early Learning Centre sal wees. In 'n vorige artikel, "Walk 4 Water 2013" (Gansbaai Courant, Donderdag 11 April 2013) wat ook ten bate van Flower Valley Early Learning Centre was, is die volgende twee bedankings uitgelaat: Gansbaai OK Foods en Aqua Angel vir die skenking van piesangs, kolwyntjies en botteltjies water. Onthou die twee Mei-datums: Vrydagaand, 3 Mei om 18:00 vir 18:30, asook die groot "Fun Walk" en Pretdag op Saterdag, 4 Mei vanaf 10:00.

Vir besonderhede kan Pieta Botes by 072-409-6732 geskakel word, of skakel vir Jackie Lombaard by 076-873-4386. Eposse kan ook aan hulle by studio@masculina.co.za of jackielondon@hotmail.co.uk gestuur word.

Hardus Botha

Fun Walk vir Gesondheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant