11 Kinders 56 tot 75 jaar

11 Kinders 56 tot 75 jaar

Gansbaai Courant

Die Swart-gesin se 5 broers, met vlnr (jongste na oudste) Kosie, Loek, Dan, Coenie en Pieter (Boetie)

Dit wil gedoen wees: 11 kinders tussen die ouderdomme 56 en 75 jaar en almal is nog springlewendig. Dan ruim hulle ook nog een keer per jaar tyd in om almal vir 'n gesellige braai en behoorlike saamkuiergeleentheid bymekaar uit te kom.

Die groep se ouers was wyle Danie en Hester Swart van die plaas Sandvliet naby Caledon, waar die kinders ook grootgeword het. Die 11 kinders, van jongste na oudste, is Kosie, Coba, Loek, Dan, Rina, Nellie, Hettie, Sannie, Coenie, Johanna en Pieter (Boetie). Swaers en skoonsusters wat nog in die lewe is, is Dennis, Gerrit, Anna, Jossie, Hannie en Sanna. Twee van die susters, Hettie en Sannie, woon in Gansbaai en heel onlangs het vier van die kinders en 'n vriendin hier by hulle kom kuier. Johanna, Coenie, Loekie en Anna, asook 'n vriendin, Emmie, het in De Kelders kom vakansie hou en heerlik saam met die twee Gansbaai susters gekuier. Daar is glo elke aand op die stoep gesit en na die pragtige sonsondergange gekyk, met natuurlik 'n ou "sundownertjie" in die hand, terwyl daar onophoudelik gesels is.

Die Swart-gesin se 6 susters, met vlnr (jongste na oudste) Coba, Rina, Nellie, Hettie, Sannie en Johanna.

Coba het kort, maar karakter-beskrywende rympies oor elke kind geskryf, wat sy aan hulle Ouboet, Pieter (Boetie) met sy 70ste verjaardag opgedra het. Om al elf aan te haal, is te veel, maar enkele voorbeelde lui: "Boetie is nou 70 jaar oud, maar nog baie ver van koud. Oupagrootjie of te not, hy laat nog jong bome bot!"; "Coenie is nog steeds die ware heer wat jong bokkies met gemak aankeer. Hy dra sy jare baie goed, want hy moet kan byhou by die jong bloed!"; "Koos is die jongste en vat sy tyd om die 50 merk te bereik. Hy's 'n klein ondeug en stout, want hy is mos nog nie oud!"

En aan die twee Gansbaaiers?: "Sannie sit graag lipstiffie aan, veral as sy êrens heen gaan. Dan trek jy haar deur 'n ring en mag die honde nie teen haar spring!"; "Hettie se hande moet altyd besig bly, werk kan haar nooit onder kry. Koekies bak, was en stryk, dan sal sy nie eens moeg lyk!"

Hardus Botha

11 Kinders 56 tot 75 jaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant