Bietoubossers en Toerisme

Bietoubossers en Toerisme

Gansbaai Courant

Die op-en-wakker dames van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders, het tydens hulle byeenkoms op 9 April 2013, meer oor "te doen en te sien" in die omgewing geleer.

Vlnr is Lettie van Deventer, Glenda Kitley en Aletta Lochner tydens die oorhandiging van 'n blyk van waardering aan Glenda

Gansbaai Toerisme se Bestuurder, Glenda Kitley, het die Bietoubossers meer hieromtrent ingelig. "Soos wat Glenda se inligtingspraatjie gevorder het, het die lede net weer opnuut besef dat 'n mens nooit in ons omgewing verveeld hoef te raak nie," vertel Elizma de Lange. Sy sê net om van al die staproetes te kon verneem, was alreeds 'n inligtingsessie in eie reg. Glenda het die dames onder andere ingelig oor die Duiwelsgat-, Heidehof-, Melkhout- en Platbosstaproetes, tot by die staproetes by Grootbos Natuurreservaat, Flower Valley en Klipgat by De Kelders. "Dan is ons ook behoorlik deur Glenda ingelig oor die Strandveldmuseum, die Drupgrotte by Kelders, Fantasy Garden en die Plaastuin, veral vir besoekende kleinkinders, en om nie te vergeet van wynproe by Lomond, asook die haai- en walviskyk-uitstappies vir die avontuurlustiges nie." Elizma sê Platbos is juis verlede maand deur die Bietoubossers besoek en almal wat daar was, het dit as 'n onvergeetlike besoek beskryf. Glenda het die Boetoubossers aangemoedig om die Toerismeburo meer gereeld vir inligting te besoek.

Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Hulle kan by 028-394-1439 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Die indrukwekkende webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com. Na die insiggewende praatjie het die tevrede en ingeligte Bietoubossers se Lettie van Deventer 'n blyk van waardering aan Glenda oorhandig. Elizma herinner lede en voornemende lede aan die volgende byeenkoms van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders op 14 Mei 2013 in die Kleinsaaltjie van die NG Kerk, met 'n "Moedersdag" tema.

Navrae kan aan die klub se voorsitter, Annette van Zyl, by 028-384-1075 of 083-291-1829 gerig word.
                                      
Hardus Botha

Bietoubossers en Toerisme

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant