Dankbaarheid op tasbare wyse

Dankbaarheid op tasbare wyse

Gansbaai Courant

Johan Hanekom met die waardevolle beursie wat hy saam met kontant as 'n blyk van waardering van Desiree Doran ontvang het

"Ek is byna te bewoë om telefonies met jou te praat," was Johan Hanekom van Franskraal se eerste woorde aan Gans-baai Courant. Hy het onlangs 'n pos-pakkie ontvang, wat hy gemeen het van iemand kom van wie hy goedere verwag het. "Toe ek die pospakkie oopmaak, was dit 'n pragtige dosie met 'n briefie daarop geplak. Binne was 'n duursame Jekyll & Hide beursie en in die beurse kontant ten bedrae van R1,000," vertel Johan. Die pospakkie was afkomstig van die bergfietsryer, Desiree Doran, wat tydens die Lions se Lighuis-tot-Lighuis Bergfietswedren op 16 Februarie vanjaar aangeval en byna verkrag is. (Gansbaai Courant, 21 en 28 Februarie 2013). Die traumatiese gebeure het teen Sopieshoogte, kort ná die bergfietswedren se wegspring, plaasgevind. Sy is deur 'n minderjarige seun van agteraf van haar fiets afgeruk en die bosse ingesleep. 'n Mededeelnemer het haar fiets langs die pad sien lê, onraad vermoed die bosse ingehardloop waar hy tot Desiree se redding gekom het. Johan het sy skoonseun, ook 'n deelnemer, se bakkie met sy bagasie bestuur. "Ek wou die roete wat aan my bekend is volg, maar het op die ingewing van die oomblik besluit om oor Sopieshoogte te ry omdat ek lankal wou sien hoe dit lyk," het Johan destyds gesê. "Daarom glo ek dat ek daardie dag deur 'n Hoër Hand op daardie pad gestuur is." Desiree se nota wat, saam met die blyk van waardering, 'n "knop in Johan Hanekom se keel" veroorsaak het, lui soos volg:

Desiree Doran tydens die Lions se Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren vroeër vanjaar (Argieffoto: Gansbaai Courant)

"This is just a quick note to thank you again for helping me when I was attacked during the Lighthouse to Lighthouse mountain bike race earlier this year. I really appreciate the fact that you stopped to help, and that you showed such care and concern for a total stranger. I thank God every day that he placed you in my path that day. Please accept this tiny gift as a token of my thanks!" Dat daar nog Barmhartige Samaritane in vandag se samelewing bestaan, is 'n vertroostende gedagte, maar dankbaarheid wat op só 'n tasbare wyse soos deur Desiree betoon word, is werklik iets om, soos in Johan se geval, bewoë van te raak.
Hardus Botha

 

Dankbaarheid op tasbare wyse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant