Gansbaaier deel van Balbesit faam

Gansbaaier deel van Balbesit faam

Gansbaai Courant

'n Bekende Gansbaaier, Adelè Nel se seun, Geon Nel (31) (links), wat in Gansbaai grootgeword het, is deel van die Balbesitspan wat onlangs by die Absa Nasionale Klein Karoo Kunstefees op Oudtshoorn met 'n Kanna-toekenning vir Beste Akteurs vereer is. Wat hierdie toekenning des te meer 'n uitsonderlike prestasie maak, is dat dit die eerste keer is wat 'n groep akteurs (24 van hulle), en nie 'n individu nie, met hierdie toekenning vereer word. Met Jaco Bouwer as regisseur is hierdie drama 'n vloeiende samesmelting van musiek en fisieke teater van die innoverende teaterskepper Saartjie Botha. Rugby word in die drama as voorstelling gebruik om mans se versugtinge in die hedendaagse Suid-Afrika uit te beeld. Die drama val ook saam met Jaco Botha se Afrikaans Onbeperk-verering vir Vernuwende Denke.

Erns Grundling, die sameroeper van die Kannapaneel wat die Absa KKNK se benoemings aanwys, het gesê dat vanjaar se groter program 'n reuse-uitdaging aan dié paneel gebied het. "In die omgewing van 120 feesproduksies moes beoordeel word, wat aansienklik meer is as in vorige feesjare." Geon, wat 'n trotse lid van die Balbesit-span is, is as 'n poppespeler (puppeteer) by Zanews in Kaapstad werksaam. Hy is lankal reeds 'n "ou" bekende in die vermaaklikheidswêreld. Onder andere het hy die hoofrol in Dalene Matthee se Kringe in die Bos in die Artscape Operahuis in Kaapstad vir twee agtereenvolgende jare vertolk. "In die 'Safe House' film wat in ons 'cinemas' verskyn het, was Geon deel van die 'cast' saam met bekendes soos Denzel Washington, Ryan Reynolds en Vera Farmiga," vertel 'n trotse Adelè, wat ook 'n aktiewe Lionslid is, asook 'n voormalige Lionpresident. Dan is Geon ook 'n ervare kulkunstenaar en het byvoorbeeld onlangs by Spier tydens Breyten Breytenbach se byeenkoms van digters as kulkunskunstenaar opgetree. "Geon is nou op pad om vir drie weke in die Staatsteater in Pretoria saam met die Balbesit-span te gaan optree," sê Adelè. 

Hardus Botha

Gansbaaier deel van Balbesit faam

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant