AO Sarena Hugo se stokperdjie

AO Sarena Hugo se stokperdjie

Gansbaai Courant

A/O Sarena Hugo, Kommunikasie-offisier by Stanford SAPD

Adjudant-offisier Sarena Hugo is on-langs as Stanford SAPD se Kommunikasie-offisier aangestel. Sy is reeds sedert 1999 by Stanford SAPD in diens en sê sy is baie lief vir Stanford en omgewing. Ondanks haar vele ervaring, opleidingskursusse en polisiediens as 'n "geharde" polisievrou, dui haar persoonlike lewe en stokperdjies terselfdertyd steeds op "vrou-wees" in die ware sin van die woord. Die mens Sarena is eerstens 'n sagte gesinsmens met 'n groot liefde vir haar twee seuns, dogter en kleinseun. Dan hou sy ook baie van voëlkyk en om 'n bietjie te skilder. Haar belangrikste stokperdjie is egter handgemaakte en versierde "aspoestertjie- en babaskoentjies". "My skoentjies wat ek maak noem ek 'Kahli Bridal Shoes'," vertel Sarena.

Hierdie naam is afgelei van haar "pop-mooi" dogter se naam, Kahli". "Alles het begin toe Kahli getrou het en sy na unieke, plat, gemaklike en ballet-tipe skoentjies op soek was, wat nie haar voete sou 'doodmaak' nie en waarmee sy gemaklik kon dans sonder om te gly."

'n Voorbeeld van AO Sarena Hugo se sagte kant, haar handgemaakte "Kahli Bridal Shoes"

Moeder Sarena het gesoek, maar nie gevind nie en besluit om dit self te maak, aangesien sy 'n praktiese mens is. Sommer kort na haar dogter se troue het die "skoentjie-gogga" gebyt en het dit 'n voltydse stokperdjie en 'n passie geword. Sarena sê alles word met die hand gemaak en neem soms vele ure in beslag, "maar ek geniet dit terdeë en terselfdertyd dien dit as 'n stres-ontlontingsproses." Sy het selfs al bestellings vanuit Engeland gekry en nou maak sy versierde babaskoentjies ook.

Belangstellendes kan Sarena by 082-460-1645 skakel, of stuur 'n e-pos aan haar by sarenahugo@yahoo.co.uk.

Voorwaar 'n goeie voorbeeld van 'n gedugte polisievrou, wat nie op haar baadjie getakseer moet word nie, en in dieselfde asem ook 'n sagte "vrou-wees-mens" is.

Hardus Botha

AO Sarena Hugo se stokperdjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant