Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon

Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon

Gansbaai Courant

Die 2012-oesjaar van die Lomond Sauvignon Blanc het ’n goue medalje ontvang by die onlangse Concours Mondial du Sauvignon, wat elke jaar in Frankryk plaasvind. Kobus Gerber, die wynmaker, beskryf die wyn as “fris en medium-vol, met ’n delikate mineraalkarakter, en propvol smake van groen en tropiese vrugte”.

Dit is in Suid-Afrika teen ’n baie billike R60 per bottel te kry, en het bewys hy hoef glad nie terug te staan vir sy twee beroemde  enkelwingerd-“broeders” nie. Dié is die Pincusion Sauvignon Blanc en die Sugarbush Sauvignon Blanc wat gereeld by plaaslike en buitelandse kompetisies bekroon word.

Die 2012 Lomond Sauvignon Blanc word in die 2013-uitgawe van Platter’s South African Wine Guide beskryf as “in sy jeugdigheid meer toeganklik as die enkelwingerd-weergawes”. Die beoordelaars by die Concours Mondial du Sauvignon het klaarblyklik saamgestem.

Lomond is een van net enkele wynplase met die Kaap Agulhas-oorsprongbenaming. Die wingerde word in die somer deur suidweste- en suidoostewinde afgekoel. Danksy die koel weer word die druiwe etlike weke later as in die Stellenbosch-gebied ryp. Die eerste druiwe word eers teen  Maart geoes.

Daar is uit die staanspoor by Lomond 'n sterk klem geplaas op volhoubare boerdery en die bewaring van sy enorme biodiversiteit. Die groot opgaardam op die plaas lewer ook water aan die omringende gemeenskappe. 'n Organiese benadering geld in al die wingerde, en die boerdery vind só plaas dat so ver moontlik uitdrukking gegee word aan die uiteenlopende grondsoorte en wisselende hoogtes bo seespieël terwyl die inheemse habitat beskerm bly.

Lomond Kry Goud by Concours Mondial du Sauvignon

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant