VLV Internasionale Aand

VLV Internasionale Aand

Gansbaai Courant

Adri Ehlers en Dalene van Dyk by Suid-Afrika.

Daar is heerlik gekuier by die plaaslike VLV se Internasionale Aand wat met ‘n bykans vol saal afgeskop het.  Daar was tien stalletjies van verskillende lande waar almal kon gaan proe en met al die proesels het elke gas met ‘n oorvol bord geëindig.

Dit was ‘n gastronomiese kosreis vanaf  Suid-Afrika tot by Bahrain in die Midde-Ooste en elke stalletjiehouer het in die tradisie van haar land gekook, verfraai en sommige selfs in tradisionele drag geklee. Die stalletjies was die inisiatief van die bestuur en lede. 

Dit was “Bon Voyage” vanaf die ingangsportaal waar tasse, brosjures, ‘n elegante lugwaardin en sjerrie almal op ‘n wêreldreis gestuur het.  Gaste kon vanaf  Suid-Afrika se bobo-tie, Griekse slaaie, Engelse “bangers and mash”, Hollandse sop en kaas, Oosterse Um Ahli poeding en nog nog vele meer geniet. Sommige stalletjiehouers het tent opgeslaan in Kanada,  ‘n Arabiese Bedoeiën tent in die woestyn met twee gesluierde dames  tot olyfbome van Griekeland wat lewensgroot tussen geregte van die Meditereense Streek staan.  Mens kon selfs glo dat iewers ‘n bok blêr en ‘n kameel kla.

‘n Baie suksevolle wynveiling met die bekkige afslaer, Jannie Botha, is geesdriftig ondersteun en kon teen die einde ‘n totale bedrag van R3125 oplewer. Die kaartjieverkope het R9 000 beloop wat ‘n behoorlike hupstoot aan  VLV-fondse verleen.

Baie dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het, diegene wat die VLV ondersteun het en aan die gasvroue en hul kookvernuf, navorsing en moeite om alles so aantreklik moontlik te maak.

Die voorsitter, Rienie Ludick, het almal tydens die geleentheid bedank, maar daar is ‘n baie spesiale dankie aan die volgende borge; Strandveld Wines vir ‘n groot skenking van hul heerlike wyne wat opgeveil is.  Dit was ‘n besondere voorreg om wyn uit ons streek aan te bied.

Arné Erasmus vir sy  samestelling van verskillende wyne wat ook opgeveil is. Arné is die kleinseun van Christie Groenewald, een van ons gewaardeerde lede en beoordelaar.

OK Foods vir hul spesiale aanbod op aankope.
VLV Gansbaai sê au revoir tot ons volgende reis.

Charlene le Roux skuif Namibié se uitstalling reg, Foto’s: Elizma de Lange

VLV Internasionale Aand

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant