Gulde Geleentheid vir Werkgewers

Gulde Geleentheid vir Werkgewers

Gansbaai Courant

‘n Baie belowende program word tans geloods in die Wes-Kaap om werkloosheid te bestry waarby ook werkgewers in Gansbaai kan baat. Die program staan bekend as die “Work and Skills programme” en word deur die Workforce Group bestuur wat in Kaapstad gesetel is met kantore landwyd.

Die program sal werkgewers in staat stel om deel te neem aan ‘n program waarvolgens werksoekers opgelei kan word in sekere vaardighede wat kan bydra tot die intelektuele kapitaal van die onderneming.  Deelnemers aan die opleidingsproses sal ‘n maandelikse aansporing van R1500 ontvang terwyl dit van die werkgewer  verwag word om ook ‘n bydrae van minstens R500 per maand te maak gedurende die ses maande opleidingstydperk.

Die oogmerk van die program is om mense toe te rus met die nodige vaardighede om sodoende opgeneem te kan word as suksesvolle werknemers en toekomstige enterpreneurs in ons samelewing en ekonomie. Indien daar van u is wat belangstel, kan u op u besigheidsbriefhoof ‘n versoek rig dat u wil deelneem aan hierdie program en meld hoeveel persone u wil inskryf.  U versoek kan direk aan Angelo Lamberts , Operational Manager-Special Projects gestuur word by angelol@workforce.co.za.

Indien u enige verdere navrae verlang kan Angelo Lamberts gekontak word op selfoon   082 494 5833 of kantoor 021 9109600. Besoek gerus ook die webtuiste www.workforce.co.za vir meer besonderhede.

Belangstellendes is ook welkom om met René Beukes van die Gansbaai Sakekamer skakel by 0827774814 of met Glenda Kiltley van die Toerismeburo by 0722915564.

Gulde Geleentheid vir Werkgewers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant