Agulhas Vaardigheidskool

Agulhas Vaardigheidskool

Gansbaai Courant

"Ons groot dag vir die amptelike opening van ons skool het uiteindelik aangebreek," laat weet Andries Botha vanuit Napier. Andries is in 2011 as skoolhoof van Agulhas Vaardigheidskool aangestel. Die skool word op Vrydag, 24 Mei 2013 om 10:30 amptelik deur mnr Donald Grant, LUR: Provinsiale Minister van Onderwys Wes-Kaap, geopen. Andries, voorheen skoolhoof aan Gansbaai Primêr, wat ook 'n voedingsarea vir die vaardigheidskool is, vertel dat Agulhas Vaardigheidskool in 2010 deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement gestig is.

Die skoolhoof van Agulhas Vaardigheidskool te Napier, Andries Botha

Die skool is gestig vir leerders in die hoofstroom wat as gevolg van spesiale leerbehoeftes nie kon vorder nie. "Daar is besluit om Hoërskool Napier na ‘n vaardigheidskool om te skakel, aangesien die mooi skoolgebou en sportgronde reeds bestaan het," vertel Andries. Mnr FS le Roux is as die eerste skoolhoof aangestel, met 'n leerdertal van 105. Die skool het 'n bestaande houtwerkklas, naaldwerkklas en huishoudkundeklas gehad waar Houtbewerking, Naaldwerk en Gasvryheidstudie aangebied kon word. Dan was daar ook 'n bestaande rekenaarlokaal wat benut kon word. Twee nuwe werkswinkels is aangebou waar Sweis en Boukonstruksie aangebied word. 'n Nuwe Landbouafdeling is ook begin en leerders het elkeen hul eie stukkie grond gekry om te bewerk. Die wetenskaplokaal is in 'n moderne haarsalon omskep, waar haar- en skoonheidsorg aangebied word, met Educare wat tot die kurrikulum bygevoeg is. Agulhas Vaardigheidskool is nog in sy kinderskoene en vanjaar is daar vir die eerste keer leerders tot en met 'n vierde jaar." In totaal is daar nou 258 leerders, 22 opvoeders, 'n sielkundige, 'n arbeidsterapeut en 'n remediërende opvoeder.

Andries kan by 082-374-8973 of 028-423-3235 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan agulhassos@gmail.com.

Hardus Botha
 

Agulhas Vaardigheidskool

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant