Meer toeriste stut eiendomsmark

Meer toeriste stut eiendomsmark

Gansbaai Courant

 Een van die groot voordele van toerisme lê daarin opgesluit dat dit nuwe ondernemings en werksgeleenthede skep - wat die ekonomie 'n hupstoot gee en ook talle meer Suid-Afrikaners die kans gee om hul drome om 'n eie huis te besit te bewaarheid.

Dit is die mening van Richard Gray, uitvoerende hoof van Harcourts Real Estate, in reaksie op die onlangse aankondiging deur President Jacob Zuma dat 9,2-miljoen internasionale toeriste SA verlede jaar besoek het - 'n styging van 10,2% teenoor die syfer in 2011.

"Dit was meer as dubbel die 4% wat wêreldwyd in die toename in toerisme deur die VN se wêreldtoerisme-organisasie aangeteken is en toon dat ons nou die vrugte pluk van die groot belegging wat ons in infrastruktuur, stelsels, veiligheid en opleiding ter voorbereiding van die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi gemaak het."
Nog meer betekenisvol, sê hy, is dat die President duidelik uitgestippel het hoe groot die potensiaal van toerisme is om meer sake- en werksgeleenthede vir jong mense te skep asook dat dit een van die belangrikste oogmerke is van die nasionale toerismestrategie, wat daarop gerig is om SA teen 2020 onder die top 20 toeristebestemmings in die wêreld te maak, om minstens 225 000 regstreekse werksgeleenthede in die plaaslike toerismebedryf te skep.

"Nog 'n oogmerk is om die ekonomiese bydrae uit toerisme tot R500-miljard per jaar te verhoog, wat moontlik optimisties lyk, alhoewel buitelandse toeriste verlede jaar altesaam R76,4-miljard in Suid-Afrika bestee het, 7,6% meer as die algehele buitelandse besteding in die land in 2011, en dit wil voorkom of 'n groot gedeelte hiervan deursyfer na grondvlak. Ons kantore bemerk reeds geruime tyd  'n styging in voltydse indiensneming - en in huistransaksies - in gebiede waar toerisme toegeneem het.

"Boonop skep toerisme nou die motivering sowel as die middele vir talle ander Suid-Afrikaners om hul eie ondernemings te begin. Dit blaas duidelik nuwe lewe in die plaaslike ekonomie en eiendomsmark van talle klein dorpies - in die binneland sowel as in kusgebiede - aangaande ondernemers die geleentheid benut om byvoorbeeld nuwe gastehuise, kuns- en aandenkingswinkeltjies, restourante en gespesialiseerde toerondernemings te open."

Maar, sê Gray, toerisme floreer net waar daar toeriste is, of waar toeriste wil wees, en mense wat uit meer toerisme voordeel wil behaal mag moontlik na 'n ander voorstad, dorp of selfs provinsie moet verhuis. "En dis waar Harcourts 'n bydrae lewer. Die groep het 'n wye geografiese verteenwoordiging met takke in talle dorpe en stede regdeur die land en bied 'n hoogs doeltreffende verwysingstelsel om mense wat verhuis van diens te wees.

"Of jy dus 'n jongmens is wat 'n loopbaan in eko-toerisme wil volg, 'n afgetredene wat 'n nuwe onderneming wat op toeriste aan die kus gemik, is wil open, of 'n ouer wat jou kinders 'n rustiger leefwyse in 'n mooi klein dorpie wil bied, kan jy op die plaaslike Harcourts-agentskap steun om 'n huis wat nommerpas aan jou behoeftes voldoen, op te spoor."

Meer toeriste stut eiendomsmark

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant