Die Pret van Pretstap

Die Pret van Pretstap

Gansbaai Courant

Die "Fun Walk" vir die bewusmaking van fiksheid en algemene gesondheid wat op Saterdag, 4 Mei 2013 aangebied is, het, aldus die organiseerders, bogemiddeld suksesvol afgeloop. Die Pretstap het by Gansbaai OK Foods afgeskop, kuslangs tot by Stanford's Cove en weer terug. 
Dit was 'n gesamentlike poging deur Pieta Botes van Xtreme Fitness en Jackie Lombaard en Yolanda Kriel van Herbal Life Independent Distributers. Belangstellendes het die voorafgaande Vrydagaand bymekaar gekom waar hulle deur Pieta ingelig is oor die belangrikheid van oefeninge en fiksheid vir goeie gesondheid, deur Jackie oor die belangrikheid van Herbal-produkte en deur dr Zander Barnard oor die handhawing van goeie gesondheid en fiksheid in die algemeen. "Die deelname aan die staptog het ons verras met bykans 100 deelnemers," sê Pieta. "Dit dui sonder twyfel op 'n groot behoefte aan soortgelyke pretstaptogte." Sommige stappers het uitermate snaaks aangetrek, wat vir nog meer pret gesorg het. Die wegspring het met vrolike musiek gepaardgegaan, met die bekende OK Buddy wat almal met die hand gegroet het.

Die waterpunte op pad na Stanford's Cove is deur Boat House restaurant en drs Christo & Zander Barnard Mediese Praktyk beman, met dr Christo se bekende geraamte, Stan, wat die stappers met inspuitings (waterlafenisse), 'n hospitaalbed en 'n rolstoel ingewag het. By Stanford's Cove is die stappers met groot pret en lafenis deur Gansbaai OK Foods ingewag, met Buddy wat balonne uitgedeel het. Op pad terug was dit weer Blue Goose restaurant en Flower Valley se beurt om waterpunte te beman. Terug by Gansbaai OK Foods is die staptog met vele pret, gesellige musiek en die uitdeel van pryse afgesluit. Pieta, Jackie en Yolanda doen graag die volgende bedankings: Prysborge - Blue Goose restaurant, Boat House restaurant, Gansbaai OK Foods, Herbal Life Independent Distributers, Ivanhoe Sea Safaries, Shark Diving Unlimited, Whale Sanctury Lodge, White Shark Diving Company; Waterpunte - Aqua Angel, Boat House restaurant, Drs Christo en Zander Barnard Mediese Praktyk, Flower Valley en Blue Goose restaurant, Gansbaai OK Foods: Ander - Frederik (Coke Borg), Gansbaai Aanbiddingssentrum (tafels en stoele), Gansbaai Melodrama (klank), Jannes Coetzee (Computerhut), Susan van Gansbaai Munisipaliteit en Tony van die Verkeersdepartement.

"Die deelnemers het die pretstap só geniet, dat hulle ons gevra het om dit 'n instelling vir minstens twee keer per jaar te maak," vertel Pieta. Die Fun Walk is ten bate van die Flower Valley Early Learning Centre aangebied en die pragtige bedrag van R2,155 is ingesamel, wat reeds aan hulle oorhandig is.

Vir navrae kan Pieta Botes (Xtreme Fitness) by 072-409-6732 geskakel word, of skakel vir Jackie Lombaard (Herbal Life Independent Distributers) by 076-873-4386.
Hardus Botha

 

Die Pret van Pretstap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant