Nuwe fondsinsamelingsprojek Tekkie Tax

Nuwe fondsinsamelingsprojek Tekkie Tax

Gansbaai Courant

Vir die eerste keer het Suid-Afrika ’n fondsinsamelings projek waar die publiek self kan kies wie by hulle donasie baatvind. Daar sal 5 verskillende plakkers wees (selfs een vir jou selfoon!) en jy kan besluit waar jou hart lê, hetsy  dit diere, bejaardes, kinders, persone wat gestremd is of dalk selfs onderwys en opleiding is.

  • Allerhande Diere
  • Basiese Gemeenskapsdiens
  • Cool Kinders
  • Dienslewering aan persone met Gestremdheid
  • Essensiële Onderwys

Nou kan jy gee waar jou hart lê . . . en dit hoef nie net vir een van die afdelings te wees nie!

Tekkie Tax is ’n jaarlikse fondsinsamelingsprojek vir ’n groot verskeidenheid van ons land se grootste, kleinste en mees betroubare welsynsorganisasies. Die projek (en sy bankrekening!) word nie deur net een welsynsorganisasie alleen beheer nie en elkeen van die deelnemende organisasies sal deel in die opbrengs en sukses van die projek.

Annelise de Jager, projekorganiseerder sê: “Daar is te veel voorbeelde van welsynsorgnisasies wat groot bedrae geld verloor het in onsuksesvolle pogings om fondse in te samel. Die Tekkie Tax veldtog gee ’n geleentheid aan selfs die kleinste organisasie in ons land om deel te wees van ’n nasionale fondsinsamelingprojek met 0% risiko en maksimum voordele. Die geheel is groter as die som van die deler – ek glo dat as ‘n span kan welsynsorganisasies in Suid-Afrika veel meer vermag as elkeen se individuele pogings saamgevoeg word. Die publiek kan natuurlik ook betrokke raak. The Marketing Team is op soek na 'n kontakpersoon in elke maatskappy in SA, ongeag van hoe groot of klein die maatskappy is. Individue word uitgenooi om te registreer op die Tekkie Tax webtuiste waar hulle 'n vorm kan invul om seker te maak dat hulle maatskappy deel sal wees van hierdie dag.

So waar jy ookal is, maak 'n nota in jou dagboek van Tekkie Tax wat sal plaasvind op Vrydag 31 Mei.  Kry jou tekkies gereed vir die dag, besluit watter een (of meer) van die 5 plakkers jy wil kry en maak seker dat jy die klein plakker op jou selfoon plak sodat jy vir die hele wêreld kan wys waar jou hart lê en dat jy jou tax vir daardie organisasie/s betaal het.

Van nou af betaal ons almal tax met 'n glimlag! 

Vir meer inligting kontak 012-663 8181 of besoek www.tekkietax.co.za.

Nuwe fondsinsamelingsprojek Tekkie Tax

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant