Klimraam vir Gansies

Klimraam vir Gansies

Gansbaai Courant

Die kleuters van De Kleine Gansies is die ene opgewondenheid oor hulle splinternuwe en veilige klimraam, wat beslis nie as 'n wit olifant op die terrein sal staan nie.
"Die pragtige klimraam is met fondse opgerig wat deur die ouers self ingesamel is," sê Lanita Marais.
De Kleine Gansies het in 2011 al hul 25ste jaar van bestaan gevier en is lankal reeds deel van die gemeenskap, met tans sowat 35 kleuters.

Die nuwe klimraam vir De Kleine Gansies  se  kleuters wat beslis nie 'n wit olifant op die terrein sal wees nie (Foto: Lanita Marais)

Vir kennisname kan net weer gemeld word dat die skooltjie 'n privaatskool vir die gemeenskap is wat deur die ouers bedryf en bestuur word en is nie die private besit van Lanita, wat tans in beheer is, nie. Die skooltjie ontvang dus ook geen fondse van die staat nie en maak slegs op die ondersteuning van die ouers, die breë gemeenskap, besighede, donasies en fondsinsamelingsprojekte staat.
Die grensmuur rondom die skool benodig tans dringende aandag. Dit is besig om te verbrokkel en die staal binne die beton is al verroes. Kwotasies is reeds ingewin en die bestuur het besluit dat 'n baksteenmuur teen R650 per meter die beste opsie vir die langtermyn is om uit te oefen. "Ons is dankbaar vir die R650 wat sommer byvoorbaat deur Johan Swart van Gansbaai se motorhawens vir die muur geskenk is," vertel Lanita. Deel van hulle fondsinsamelingsprojek is die "Borg-'n-Meter"-projek.

Wanneer 'n geborgde bedrag R2,000 of meer beloop, kan die donateur gratis 'n advertensiebord daarop aanbring, met 'n jaarlikse koste van R500 daarna.

"Belangrik is egter die feit dat alle donateurs, ongeag die grootte van die bedrae, die nodige erkenning op een of ander wyse op die muur sal ontvang," sê Lanita. Kennis kan ook geneem word van 'n wegneem snoek en patatete op eerskomende Vrydag, 31 Mei ter stywing van die grensmuur-fondse. Kaartjies beloop R35 en die etes kan tussen 14:00 en 19:00 afgehaal word.

Vir enige verdere navrae kan Lanita Marais by 083-652-1965 geskakel word, of skakel die skooltjie se Tesourier, Carol Devitt, by 084-517-2548.     

Hardus Botha

 

Klimraam vir Gansies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant