Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie

 Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie

Gansbaai Courant

Die Raad het beginselgoedkeuring verleen dat drie klinieke wat op munisipale grond staan aan die Department van Openbare Werke geskenk word. Die betrokke klinieke is op Gansbaai (erf  3904 van 6000 m2), Hawston (erf 2203 van 1351 m2) en Kleinmond (erf 7699 van 927 m2). Kennis is geneem dat die betrokke eiendomme nie vir die lewering van basiese munisipale dienste benodig word nie en in die geval van Gansbaai moet ‘n aansoek binne drie maande ingedien word vir die hersonering van die perseel anders val dit terug na die Munisipaliteit. Dié stap word gedoen kragtens ‘n ooreenkoms wat tussen die Wes-Kaapse Regering en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie (SALGA) bereik is dat primêre gesondheidsorgdienste van munisipaliteite na die Provinsie oorgedra word. Inbegrepe by dié ooreenkoms was die verstandhouding dat bates en laste ook oorgeneem word en dat vaste eiendom sonder enige koste aan die Departement van Vervoer en Openbare Werke oorgedra word. Dit het nou nodig geword om die oordrag te doen omdat die Departement van Gesondheid beoog om die betrokke klinieke op te gradeer en uit te brei.

Op Gansbaai word daar beoog om met die samewerking van die Desmond Tutu TB Sentrum ‘n volhoubare primêre gesondheidsorgfasiliteit van R11 miljoen te ontwikkel wat as ‘n nuwe model vir hierdie tipe diens in Suid-Afrika sal dien. In dié geval sal die eiendom van owerheidsgebruik na institusionele gebruik gehersoneer word. Die totale waarde van die eiendomme beloop volgens ‘n onafhanklike waardeerder R1,725 miljoen. Alle koste met betrekking tot die transaksies, bv opmetings, advertensies, waardasies, hersonering, ens. sal deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke gedra word. Volgens die verslag sal die transaksie groot gemeenskapswaarde inhou, onder meer die heffing van belastings en dienstegelde op die eiendomme, die werksgeleenthede wat met die opgraderingsprojekte geskep gaan word en die verbetering van lewensgehalte en algemene gesondheid.               
       
Fanie Krige

 Kliniekgronde Vervreem aan Provinsie

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant