Kwilt pragstuk vir Academia

Kwilt pragstuk vir Academia

Gansbaai Courant

Agter links en regs houvas Gansbaai Academia se hoofseun, Siviwe Yuyu en hoofdogter, Bianca De Koning die kwilt, met voor vlnr Grietjie Meyer, Rentia van Jaarsveld, Rika Hoffman, Tommy Wilson (skoolhoof), Mariana Meyer en Mansie Pienaar

Die Wacky Whalers Kwiltgroep het ‘n pragtige dubbelbed kwilt aan Gansbaai Academia geskenk om uitgeloot te word. “Hierdie skenking is deel van ons jaarlikse liefdadigheids-projek waar ons ‘n kwilt aan liefdadigheidsorganisasies skenk en vanjaar het ons op Gansbaai Academia besluit,” vertel Rika Hoffman, sameroeper van die Wacky Whalers Kwiltgroep. ‘n Anonieme persoon het die materiaal geskenk en die sowat 14 kwiltlede het die werk “met liefde vanuit die hart” gemaak. Vier van die kwiltlede, Grietjie Meyer, Mansie Pienaar, Mariana Meyer en Rentia van Jaarsveld het Rika vergesel om die amptelike oorhandiging te doen. Gansbaai Academia se hoofseun, Siviwe Yuyu en hoofdogter, Bianca De Koning het die kwilt in die skoolhoof, Tommy Wilson se teenwoordigheid in ontvangs geneem. Tommy het sy opregte waardering vir dié gebaar uitgespreek en gesê dat dit nog meer besonders is omdat nie een van die kwiltlede kinders op skool het nie.

“Gansbaai Academia is die gemeenskap se skool en enige vorm van bydrae of ondersteuning is van groot waarde vir die skool,” het hy gesê. “Dan wil ek terselfdertyd vir Annamarie Buys gelukwens met haar verjaardag vandag!” R10-lootjies is sommer vooraf al deur Annamarie voorberei en Tommy was die eerste een om ‘n lootjie uit te neem. Die vorms vir lootjies sal oral verprei word. Daarna het die groep gesellig met verversings, waarby ouers betrokke was, in die skool se restaurant verkeer.

Gansbaai Academia se onderhoof, Kobus Koekemoer het die meegaande foto’s geneem. Belangstellendes en organisasies wat graag op een of ander wyse by Gansbaai se top- en unieke hoërskool betrokke wil raak, kan die skool gerus by 028-384-2370 skakel, of stuur ‘n e-pos aan hulle by admin@gbacademia.wcape.school.za.
Hardus Botha

Kwilt pragstuk vir Academia

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant