Riebeek Kasteel se Wyne

Riebeek Kasteel se Wyne

Gansbaai Courant

Riebeek Kasteel se wyne in Tolbos Bistro, met voor vlnr Helmie de Vries, Annemarie Watney, Wayne Devitt, Alta Saayman, Diane Roodman, Eric Saayman en Louise de Villiers. Agter vlnr is Andrè de Villiers en Theuns Roodman.  (Foto: Jane Bailey)

Gansbaai Wynproegilde se maandelikse wynproe-aand is deur 30 lede en 10 gaste bygewoon en Tolbos Bistro van Annemarie Watney is behoorlik toegepak. Voorsitter Helmie de Vries het die nodige sakies afgehandel en Riebeek Cellars se Eric Saayman (Senior Wynmaker) aan die woord gestel. Eric is deur sy eggenote, Alta vergesel. Die wynkelder is in 1941 gestig, maar tradisie-gewys strek hulle sover as 350 jaar terug. ‘n Nederlandse ontdekkingsreisiger, Pieter Cruythoff het Riebeek Kasteel in 1661 tot eer van Jan van Riebeeck gestig het, maar die Franse Hugenote het reeds gedurende 1868 met Franse wynmaaktegnieke daar begin wynmaak. “Die Swartland se wyne is net so hartlik soos sy mense,” het Eric gesê. Die 6 uitstaande wyne wat geproe en beoordeel is, is Pieter Cruythoff Brut (Vonkelwyn) as verwelkoming aan die gaste; die Riebeek Chenin Blanc (2013) en die Kasteelberg Viognier (2011) saam met die voorgereg; die Riebeek Merlot (2012) en A Few Good Men Cabernet Sauvignon (2011) saam met die hoofgereg; die heerlike Kasteelberg Soet Steen saam met die nagereg.

Die lede en gaste se toekennings was deurgaans goud en sterk silwer. Die Kasteelberg Viognier is as baie spesiaal uitgesonder en spog ook met die gesogte Generaal Smuts Trofee vir 2011 tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou op Lambertsbaai. “Behalwe vir ons gebruiklike oorhandiging van blyke van waardering, is hier twee bottels goeie rooiwyn wat ek besluit het nie opgeveil gaan word nie. Ek oorhandig dit graag aan Hardus Botha vir sy werk agter die skerms vir Gansbaai Wynproegilde,” het Helmie die joernalis verras.

Wayne Devitt van Tolbos Bistro het homself soos gewoonlik oortref met ‘n gepaste spyskaart ter aanvulling van die wynproe. Dit was ‘n Mini Bunni Chaw met hoenderlewertjies as voorgereg, met tuisgemaakte bief- & bierpastei met smaaklike bykomstighede en ‘n Roly Poly met vla as nagereg. Die volgende wynproe sal op Vrydag, 28 Junie plaasvind.

Vir enige navrae rakende die gewilde Gansbaai Wynproegilde kan voorsitter Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.                          
Hardus Botha

 

Riebeek Kasteel se Wyne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant