Strandveldwind waai op RSG

Strandveldwind waai op RSG

Gansbaai Courant

Tydens die bekendstelling van SD Fourie se Die Lantern-swaaier verlede jaar in die Great White House, met vlnr die gasvrouens van die geleentheid, Annetjie Visagie en Emily Stoffberg, saam met SD Fourie

Die bekroonde radiodrama-skrywer van Franskraal, SD Fourie, se debuutroman, Die Lanternswaaier, maak nou  ‘n  draai op RSG. Die boek is vir RSG se boekvoorlesings-program gekeur en Rika Sennett (onlangs in Verraaiers te sien) sal as voorleser optree. Die daaglikse (weeksdae) voorlesing van die boek begin op Vrydag, 28 Junie om 11:45, presies 2 jaar na die vrystelling daarvan op 28 Junie 2011 in die Great White House, Kleinbaai. Die verhaal begin in Augustus 1892 met die stranding van die Galera,  ‘n  Noorweegse bark wat naby Danger Point (Gansbaai) gestrand het, en die stryd wat dit binne Sophie van Hagelkraal ontketen. Wie is die beseerde Skot wat haar pa in die middel van die nag daar aanbring? Wie het daardie nag die latern geswaai wat tot die stranding van die skip gelei het? “Nou gaan baie mense luister na hoe die wind in die Strandveld waai, hoe ruik blombos en watter kleur is die water van  ‘n  somersee. Ek het ook  ‘n  vergete stukkie kultuur probeer neerpen; oor kruie en kos, transportryers en strandjutters. En die wonderlike, ryk taal van die streek,” vertel SD. Sy sê sy het probeer om  ‘n  vergete geslag weer lewend in die boek te maak en hulle het “gewillig saamgespeel”. Die storie is fiktief, maar die stranding van die skepe is histories gegrond.

Dié lekkerluister-liefdesverhaal is sedert die publikasie daarvan met lof ontvang. “Moontlik is Dalene Matthee groen van jaloesie, daar in die hemel waar sy is, dat sy nie hierdie fassinerende storie tot haar beskikking gehad het nie,” het die skrywer Riana Scheepers destyds oor die boek gesê. Luister gerus vanaf Vrydag, 28 Junie, elke weeksoggend om 11:45, na SD Fourie se Die Lanternswaaier, met Rika Sennett as die voorleser.                                                         
Hardus Botha

Strandveldwind waai op RSG

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant