Duifie se 70ste

Duifie se 70ste

Gansbaai Courant

Voor in die middel sit Duifie Lourens wat haar 70ste verjaardag onlangs saam met haar volledige gesin gevier het

Op 15 Junie vanjaar het Duifie Lourens die 70-kerf verbygesteek, terwyl sy nog “lyk soos en bedrywig is” asof sy nog nie by die 60-kerf verby is nie. “As jy praat van ‘Hester’, sal niemand weet wie jy van praat nie,” sê Duifie. Haar gebak in De Kelders Bakkery oor etlike jare heen sal ook nog lank onthou word. Sy is op 15 Junie 1943 in Gobabis, Namibië gebore waar sy ook grootgeword het. Sy vertel dat sy as pasgebore baba in  ‘n  skoendoos gepas het en toe haar ouma so na haar kyk, het sy gesê sy lê soos  ‘n  duifie in die skoendoos en dié naam dra sy tot vandag toe.

In 1970 verhuis sy na die destydse Transvaal en in 1987 na Gansbaai, waar hulle De Kelders Bakkery in 1989 begin het. Duifie se “skoensole” het soveel bekendheid verwerf dat dit al op aanvraag oral-heen gevlieg is. “Dit is eintlik  ‘n  Duitse gebak wat in Namibië algemeen bekend was,” sê sy. In 1995 verkoop hulle die bedryf van die bakkery, maar behou die gebou. Daarna bevind sy haarself vir 5 jaar in Hentiesbaai, waarna sy na Gansbaai terugkeer en die bedryf van die bakkery weer terugkoop. In 2006 het sy die bakkery-tuig finaal neergelê, dit vir  ‘n  tyd lank verhuur en later besluit om dit te verkoop. “Maar die gebak-en-brou vir die Kerk en Kerkbasaars het ek in my huis voortgesit.”

Duifie het ook vir etlike jare as Kerkraadslid in die NG-gemeente gedien en is ook alombekend vir haar liefdadigheidswerk in die gemeente, Diens van Barmhartigheid, Vrydae se Woekermark en die oudhede-stalletjie by elke Wit Olifanttafel. Duifie het 5 kinders (wederhelftes in hakkies), Pieter (Annamarie), Koos (Rika), Johan (Jenny), Gerhard (Erika) en Johanna (Chris). Dan is daar 9 kleinkinders en 1 agterkleinkind. Die naweek se groot verjaardagviering is in Pieter en Annamarie se huis te Kusweg aangebied. “Dit was  ‘n  voorreg dat bykans my volledige gesin my verjaardagvieringe hier kon bywoon, met net Johan wat weens  ‘n  skoueroperasie nie teenwoordig kon wees nie,” sê Duifie.       
                                                        
Hardus Botha 

Duifie se 70ste

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant