Spot of Colour

Spot of Colour

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se tema, “Spot of Colour” het vir uitstekende foto’s met uiteenlopende idees oor die tema deur die lede gesorg. Etlike foto’s is besigtig, bespreek en geëvalueer. Die gedagte om tydens elke tweede byeenkoms foto’s met  ‘n  vooraf bepaalde tema te vertoon, vind groot byval, aangesien die evaluering daarvan telkens tot verbeterde fotografie deur alle klublede lei…met almal wat iets daaruit leer.

Die gekose foto met die tema “Spot of Colour” vir plasing in Gansbaai Courant, is Veronica du Plessis se foto van  ‘n  rooi-geverfde “lewensredderstoel” op Grotto Beach by Hermanus

Voorsitter Christo Wessels het klublede op die skole-projek (Programdatum: 1 Julie 2013) gewys. Klublede Clive en Jane Bailey het onderneem om kursusmateriaal vir  ‘n  basiese fotografiekursus saam te stel. Gansbaai Academia is besoek ten einde belangstelling daarvoor onder die leerders te bepaal. Die sluitingsdatum is Woensdag, 26 Junie 2013 en die ondervermelde persone kan in hierdie verband gekontak word. Kennis kan net weer geneem word dat Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste informeel en sosiaal van aard is en dat daar geen “toelatingsvereistes” ten opsigte van fotografie-kundigheid en/of tipe kamera’s is nie. Klublede vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Sprekers word gereeld gereël en die tema vir foto’s wat op 15 Julie besigtig en bespreek gaan word, is “Wear & Tear”. Vir algemene klubnavrae, asook vir inligting rakende die skoolprojek, kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.     

Hardus Botha

Spot of Colour

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant