Vriendinne bereik saam mylpaal

Vriendinne bereik saam mylpaal

Gansbaai Courant

Voor  sit  Elsie Taljaard (90), met agter vlnr haar oorblywende seuns en dogter, Herman Taljaard, Lilly Otto en George Taljaard tydens Elsie se 90ste verjaardag

Twee vriendinne het onlangs die besonderse mylpaal van 90 jaar bereik. Hulle is Elsie Taljaard en Sylva van Zyl. Gansbaai Seniorklub het, onder leiding van Angela Caie, ‘n  geselligheid vir hulle in Gansbaai Lionsklub se saal gereël en daar is sommer heerlik saamgekuier. Dié twee is op hul onderskeie verjaardae ook deur familie onthaal. Elsie is op 18 Junie 1923 in Paardeberg (Stanford-omgewing) gebore. Tot op 16-jarige ouderdom het sy op Diepgat naby Caledon grootgeword en daarna op die plaas Karwyderskraal tussen Hawston en Botrivier. Elsie is vir die afgelope 50 jaar ‘n  Gansbaaier en het 6 kinders, waarvan 3 oorlede is en 15 kleinkinders. Sy woon vir die afgelope ±28 jaar by haar dogter, Lilly Otto in De Kelders. Haar twee seuns, Herman Taljaard van Gansbaai en George Taljaard van die Kaap en ander familie het haar verjaardagvieringe op 18 Junie aan huis van Lilly bygewoon.

Lily is ‘n  voormalige werknemer van Francois en Deonora de Jongh van Gansbaai Courant toe hulle vroeër jare die eienaars van Gansbaai se Skulpieswinkel was. Intussen het Lilly se dogter, Samantha Otto, sowat 3 jaar gelede ook vir Francois en Deonora begin werk, maar vir Gansbaai Courant.


Vlnr is Jeanette Steyn, Jacobus Steyn (broer), Sylva van Zyl (90), Rina Maree (dogter) en Jeanne Maree (kleindogter) tydens Sylva se 90ste verjaardag

Die tweede 90-jarige vriendin, Sylva, is op 17 Junie 1923 in Swellendam gebore en sy het in Worcester grootgeword. Vir 20 jaar, 1950 tot 1970, was Sylva ‘n  Gansbaaier, waarna sy na Riviersonderend verhuis het. In 1985 het sy na Gansbaai teruggekeer, waar sy vir die afgelope 28 jaar steeds woon. Sy het net een dogter, Rina Maree en 2 kleinkinders. Tot op ouderdom 87 het Sylva steeds haar eie huis en tuin in De Kelders onderhou, alleen daar gewoon en nog self haar motor bestuur. Sedert 1 Augustus 2010 is sy na Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes. ‘n  Verrassingsgeselligheid is deur haar dogter, Rina Maree, vir haar in die NGK se Kleinsaaltjie gereël. Gansbaai Courant dra graag opregte gelukwense aan hierdie twee inwoners oor.

Hardus Botha

Vriendinne bereik saam mylpaal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant