Maritha se dogter op TV2

Maritha se dogter op TV2

Gansbaai Courant


Maritha Kriel van Gansbaai se dogter, Annemie Bruce, saam met Johan Stemmet van TV2 se Noot-vir-Noot, tydens die opname van die program

Maritha Kriel, Kassier van die NG-gemeente, se dogter, Annemie Bruce, is môre-aand (Vrydag, 28 Junie 2013) een van Noot-vir-Noot van Johan Stemmet se deelnemers. Tydens die opname van die program etlike maande gelede, het Annemie laat weet dat daar sowat 5,000 persone was wat vir oudisies opgedaag het - net vanuit die Kaap. Sy het die uitslag van die program vroeër vanjaar, na afloop van die opname daarvan, bekendgemaak, maar oor daardie inligting word daar in hierdie berig geswyg. Kyk gerus self môre-aand op TV2 om te sien hoe Annemie gevaar het. Sy is op 19 Mei 1979 in Worcester gebore en het in Caledon grootgeword.

Na matriek het sy Bemarking aan die Stellenbosch Kollege studeer en werk tans as Bemarker vir die Paarl Post. Annemie is met Charl Bruce getroud en Maritha sê: "Daar is nog nie kleinkinders nie - ek wag nog in spanning!" Maritha, wat ook ‘n  koorlid van die NG-gemeente se bekende koor is, sê Annemie was nog altyd gaande oor musiek, maar veral om te sing.

Hardus Botha 

Maritha Kriel (regs) saam met haar dogter, Annemie Bruce

Maritha se dogter op TV2

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant