Dries se Madiba skildery

Dries se Madiba skildery

Gansbaai Courant

Die skildery van Suid-Afrika se voormalige Staatspresident, Nelson Mandela, wat deur Dries van Heerden van Franskraal op ‘n  klip geskilder is

Met Suid-Afrika se voormalige Staatspresident (1994-1999), Nelson Mandela (Madiba) wat tans ernstig siek is, is dit gepas om Dries van Heerden van Franskraal se skildery van hom, wat op ‘n  klip geskilder is, in Gansbaai Courant te plaas. Jaarlikse deelname aan Mandela Dag deur etlike organisasies is gereeld deur Gansbaai Courant geplaas. Hierdie deelname is gebaseer op Mandela se oproep om “vir 67 minute van jou tyd af te staan om iets te doen om iemand anders in jou gemeenskap te help”. Mandela is op 18 Julie 1918 in Suid-Afrika gebore en sal eersdaags 95 jaar oud wees. Hy was ‘n  anti-apartheidsaktivis en het 27 jaar in die gevangenis deurgebring op grond van sabotasie-aanklagte. Hy wen die eerste volle demokratiese verkiesing in Suid-Afrika (1994) en dien as Staatspresident tot 1999. Een van Mandela se vele en welbekende uitsprake, lui soos volg: “For to be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.” 
Hardus Botha

 

Dries se Madiba skildery

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant