Onverwagse herinneringe

Onverwagse herinneringe

Gansbaai Courant

Voor regs sit Hannes Vermeulen (Hannes Saag) in Laerskool Gansbaai se Gr 10-klas in 1960

“Met die lees van Gansbaai Courant se berigte oor Hannes (Saag) Vermeulen, kon ek byna nie my eie oë glo nie,” vertel Anita Lourens (Otto) van De Kelders. Sy vertel dat sy en Hannes saam in Laerskool Gansbaai was en dat sy al gewonder het wat van hom geword het. Sy het Laerskool Gansbaai se 100-jarige Gedenkblad (1906-2006) na Gansbaai Courant gebring en onder andere twee foto’s van 1960 uitgewys: ‘n  Gr 10 Klasfoto met Hannes daarop en ‘n  Gr 10 Leerlingraadfoto met haar as Hoofmeisie daarop. Nog ‘n  boekie wat sy saamgebring het, is Alwyn Otto se “So dink ons terug”, waar ‘n  foto van Hannes se pa, wat ook as Hannes Saag Vermeulen bekend was, geplaas het, maar te onduidelik vir gebruik is. Gansbaai Courant het onlangs twee berigte oor Hannes Vermeulen geplaas: Die uitnodiging wat hy ontvang het om as enigste Saagspeler van Suid-Afrika aan die 10de jaarlikse New York City Musical Saw Festival in die Trinity Lutheran Church, Astoria, New York te gaan deelneem (Gansbaai Courant, Donderdag, 4 April 2013). Ná Hannes se terugkeer is ‘n  berig oor sy wedervaringe en deelname tydens die Fees in New York geplaas (Gansbaai Courant, Donderdag, 20 Junie 2013).

Middel, 3de van links sit Anita Lourens (Otto) as die 1960-Hoofmeisie in Gr 10 van Laerskool Gansbaai

Sowat 50 Saagspelers van oral oor het aan die fees deelgeneem, waar Hannes as eregas aangewys is. “Ek onthou ons skooljare nog goed en kan bevestig dat hy reg was toe hy aan Gansbaai Courant genoem het dat hy onhebbelik stout was, maar alles is mooi herinneringe van daardie jare,” het Anita gesê.

Hardus Botha

Onverwagse herinneringe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant