Vulstasie op Stanford

Vulstasie op Stanford

Gansbaai Courant

‘n Aansoek vir die vergunningsgebruik om ‘n vulstasie op die perseel van Overberg Agri in Stanford te bedryf, is goedgekeur asook die wysiging van ‘n beperkende artikel in die bestaande notariële akte wat die onderneming in staat sal stel om brandstof aan die algemene publiek te verkoop.

Kennis van die aansoek is aan belanghebbers en in die plaaslike media gegee.  Twee besware is ontvang, maar verwerp omdat dit gemik was op beskerming teen mededingende handel, wat nie ‘n aanvaarbare rede in terme van grondgebruiksaansoeke is nie. Die grond is in 1981 deur ‘n landboukoöperasie aangekoop met die doel om brandstof en landboutoerusting aan boere te verkoop en in die notariële akte is spesifiek bepaal dat brandstof nie aan die algemene publiek verkoop mag word nie. Die rede daarvoor was dat brandstof aan die landboubedryf op daardie tydstip deur die Staat gesubsidieer was, wat nie meer die geval is nie. Die eienaars beoog om die vulstasie op te gradeer deur ondergrondse tenks te installeer en meer bedieningseilande te skep.

Hoewel ‘n omgewingsimpakstudie nie nodig was nie, sal die omgewings-bestuursplan vir die terrein hersien word. Vanuit ‘n stads-beplanningsperspektief word die sekondêre gebruik van die grond as versoenbaar met die huidige sonering van die grond gesien en sal die vulstasie nie afbreuk doen aan die omliggende beboude omgewing nie. Die aansoek het egter finansiële implikasies ingehou want die grond is in 1981 teen ‘n nominale prys wat nie markverwant was nie, aan die koöperasie verkoop. Daar is op ‘n proses ooreengekom om ‘n kontantvergoeding vir die munisipaliteit te bepaal en ‘n skikkingsbedrag van R23 588,00 is deur die Raad aanvaar.

Alle koste rakende die verwydering van die beperkende voorwaardes sal deur die aansoeker gedra word en die planne vir die opgradering van die vulstasie moet aan die munisipaliteit vir goedkeuring voorgelê word.

Fanie Krige

Vulstasie op Stanford

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant