SAPD en Santa Shoebox

SAPD en Santa Shoebox

Gansbaai Courant

Vlnr is sers Adele Visser, Wendie Cleary, Sandy Fairclough, Zelda Lipman, Neziswa Nkubu, Sandiswa Madwayi, Lucille Mangiagalli, Connie Thomas en kapt Gerda Groenewald saam met Masakhane Créche se kleuters

Masakhane Crechè is onlangs geregistreer as deel van die Santa Shoebox Project wat nou verseker dat die kleuters gedurende die Kersgety by dié projek sal baat vind. Aan die stuur van sake is twee Gansbaaiers wat as lede geregistreer is, naamlik sers Adele Visser en Lucille Mangiagalli, voorsitter van die Hermanus Cluster Community Police Forum, met Connie Thomas, sekretaresse van die Masakhane Community Police Sub Forum, wat hand-aan-hand saam met hulle werk. Gansbaai Courant sal teen die einde van Augustus meer besonderhede publiseer. Masakhane Crechè is onlangs deur lede van die projek, Wendie Cleary (Hermanus koördineerder), Zelda Lipman en Sandy Fairclough besoek en elke kleuter het ‘n warm mussie vir die koue winter ontvang. Neziswa Nkubu en Sandiswa Madwayi van die crèch het die besoekers ontvang. Neziswa het die besoekers oor hulle aktiwiteite ingelig en ook gemeld dat hulle tans 60 kleuters huisves. Adele, Lucille en Connie het die besoekers vergesel, terwyl kapt Gerda Groenewald Gansbaai SAPD se Stasiebevelvoerder verteenwoordig het. Groot opgewondenheid het onder die keluters geheers en daar is ook spontaan vir die besoekers gesing. “The Santa Shoebox Project is an inspiring community initiative of the Kidz2Kidz Trust that co-ordinates the donation, collection and distribution of personalized gifts at Christmas time to underprivileged children across South Africa and Namibia,” het Wendie gesê.

Vir meer besonderhede rakende die Santa Shoebox Project kan die webtuiste www.santashoebox.co.za besoek word.

Hardus Botha
 

Kapt Gerda Groenewald “in gesprek” met een van Masakhane Créche se kleuters met sy nuwe mussie

SAPD en Santa Shoebox

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant