Welkome komberse

Welkome komberse

Gansbaai Courant

Vreugdevolle ontvangertjies van kombers saam met agter vlnr Steve Serbon, Marlene Uys, Elmarè Rankin, Maria Claassen, Jan le Roux en past Frikkie Zeelie. Voor links sit Chanelle Bezuidenhout en regs van haar staan Claudine Dyck

Loutere vreugde het onlangs hoogty gevier met die oorhandiging van 35 komberse aan die kinders van Beverley Hills se Huis van Hoop, asook enkele gemeenskapslede vanuit Beverley Hills. Die Oordragprokureurs firma,  Dykes van Heerden, Slabbert en Hopkins het besluit om iets daadwerkliks vir die gemeenskap gedurende die koue wintermaande te doen. “Die besluit was om komberse aan minderbevoorregte instansies soos kinderhuise, sopkombuise en/of haweloses te skenk,” vertel Chanelle Bezuidenhout, Skakelbeampte. Sy sê mnr Slabbert het, in samewerking met die firma se "Power Partners", besluit om eiendomsagente en agentskappe te betrek deur 6 komberse per transaksie aan hawelose instansies van hul keuse te skenk.

In Gansbaai is hierdie agentskappe deur die volgende persone (alfabeties) verteenwoordig: Elmarè Rankin (Fine & Country), Maria Claassen (Fine & Country), Marlene Uys (Seeff) en Steve Serbon (3%), asook Jan Le Roux van JLR & Associates Architects wat ‘n kontribusie uit sy firma gemaak het. Die oorhandiging van die komberse het by Beverley Hills se Huis van Hoop plaasgevind.

Past Frikkie Zeelie van S.H.A.R.E. en Beverley Hills se Gemeenskapswerker, Claudine Dyck was ook tydens die oorhandiging van die komberse teenwoordig. Projekte van “The Blanket Club” kan ook op Facebook besigtig word: “The Blanket Club is a DvHS Group & Power Partners charity initiative running from May - July 2013, to support the destitute in the Western Cape and the Garden Route. The charity chain ignites the moment DvHS receives an instruction. We will then donate a blanket to those in desperate need, while each of the Power Partners will also donate a blanket on behalf of the Estate Agent, the Seller and the Buyer. Become a proud member of the Blanket Club and let us ignite a charity chain of care.”

Chanelle Bezuidenhout kan vir verdere inligting by 082-091-2896 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by chanelleb@dvhpro.co.za.   

Hardus Botha

Welkome komberse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant