Skoolhoof groet Okkie Smuts

Skoolhoof groet Okkie Smuts

Gansbaai Courant


Laerskool Okkie Smuts se voormalige skoolhoof, Chris Delport saam met sy eggenote, Adrienne, sy dogter Mikayla en sy seun Keenan

“Bykans vier jaar gelede het ek die pos as prinsipaal by die klein skooltjie met die groot hart aanvaar, en wat ‘n fantastiese tyd was dit nie,” was deel van Chris Delport, voormalige skoolhoof van Laerskool Okkie Smuts se afskeidswoorde. Chris het ‘n skoolhoofpos te Kosie de Wet Primêr in Villiersdorp met ingang van 15 Julie vanjaar aanvaar. “Ek glo dis ‘n roeping, aangesien ek baie getwyfel het, maar my antwoord het van Bo gekom en nou is ons daarheen op pad.”

Een van die onderwysers, Willie de Waal, het met almal se samewerking vir ‘n gesellige afskeidsete te Tolbos Bistro van Anmarie Watney gesorg. Haar billike en goeie keuse-spyskaart, met die bekwame Wayne Devitt as sjef, het gesorg dat die groot groep Stanford-gaste baie tevrede was. Die egpaar se seun, Keenan en hulle dogter, Mikayla, het die geleentheid ook bygewoon. ‘n Verdere verrassing vir Chris en sy eggenote, Adrienne, was dat Roelof Diener van Aire del Mar Gastehuis in Kleinbaai ‘n nag met bed & ontbyt vir hulle geborg het. “Dit was ‘n groot verrassing vir hulle toe hulle verneem dat hulle nie nodig gehad het om dieselfde nag na Stanford terug te keer nie,” vertel Willie. Hy het vooraf vir die leerders en onderwysers gevra om slegs 5 woorde as beskrywing van Chris neer te skryf. Woorde soos “vriendelikheid, humor, stylvol, mens-mens, geduld, opregtheid, opofferend, positief en gemotiveerd, diplomaties, toegewyd…..en sexy in ‘n pienk hemp!” is maar enkele voorbeelde. Willie, wat as seremoniemeester opgetree het, het gesê: “Dit is duidelik dat u enig in u soort is! U plek gaan leeg wees en u stem stil!”

Op sy beurt het Chris onder andere gesê: “Ek is dankbaar dat ek van die begin af met ope arms ontvang is en ek het groot waardering vir ‘n fantastiese beheerliggaam, personeel, leerders, ouers en ‘n gemeenskap op wie ek altyd kon steun.” Felicity Beukes sal intussen as waarnemende skoolhoof optree.      
                                                         
Hardus Botha 

Skoolhoof groet Okkie Smuts

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant