Die kunssy van Fotografie

Die kunssy van Fotografie

Gansbaai Courant

Sanchia Chivell, een van Gansbaai Fotografieklub se stigters-lede, saam met die voorsitter, Christo Wessels tydens Sanchia se onlangse aanbieding oor die kuns-sy van fotografie

Een van Gansbaai Fotografieklub se stigterslede en ook die eerste verkose koördineerder, Sanchia Chivelle, was die spreker tydens ‘n byeenkoms op 1 Julie 2013.

Sanchia, wat vir sowat 9 maande in Stellenbosch was, is as “verassings”-spreker vir die aand gereël. Sy het afgewyk van die “tegniese”-sy van fotografie en op die “kuns”-gedeelte daarvan gefokus. Haar inleidende opmerking was: “Take great photo’s, not just nice photo’s”. Sy het die klem op die belangrikheid van ‘n fokuspunt in foto’s geplaas en die volgende vrae van belang gevra: “What is the central point of interest? What will draw the eye of the viewers to this picture? What in this image will make it stand out from others? What is my subject? The reason a focal point is important is that when you look at an image your eye will geberally need a ‘resting place’ or something of interest to really hold it. Without it you’ll find people will simply glance at your shots and then move on to the next one.” Sy sê ‘n fokuspunt kan enigiets wees vanaf ‘n persoon, ‘n gebouen ‘n berg tot by ‘n blom.

Daarna het Sanchia etlike aspekte uitgelig om die brand- of fokuspunt te beklemtoon, soos posisie, fokus, vaagheid (blur), grootte, kleur en vorm. Sy het ook 5 aspekte van ‘n goeie komposisie bespreek en met voorbeelde toegelig. Gansbaai Fotografieklub is 2 jaar gelede op 6 Junie 2011 met sowat 12 belangstellendes gestig. Die inisiatief is deur Gansbaai se natuurliefhebber en -bewaarder, Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust (DCIT) aan die dag gelê. Sanchia het as koördineerder oorgeneem en daarna etlike interessante byeenkomste en sprekers gereël. In Julie 2012 het sy na Stellenbosch verhuis waar sy naby Spier op 'n plaas gewoon het. “Ek was maar meestal in die Stellenbosch area, maar het vir 'n maand Seychelles gegaan ter ondersteuning van my hoof vir wie ek gewerk het,” vertel sy.

Sy het as Mark B. Bilton (CEO) van Bilton Wines se Persoonlike Assistant gewerk en ook foto’s van die plaas en wynkelder geneem. In Maart vanjaar het sy na Gansbaai teruggekeer waar sy bemarking vir Dyer Island Conservation Trust en Marine Dynamics in Kleinbaai. Naas ander omswerwinge, het Sanchia in 2012 fotografie in Durbanville by Creative Latent Productions (CLP) studeer en ‘n 2de plek in die Foto van die Jaar Kompetisie verower. “Ek is baie bly om terug te wees en voel verheug oor Gansbaai Fotografieklub se groei gedurende die afgelope twee jaar,” sê Sanchia.

Navrae oor Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 gerig word.

Hardus Botha

Die kunssy van Fotografie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant