Woes Toekenning vir ons Carine

Woes Toekenning vir ons Carine

Gansbaai Courant

Carine Badenhorst (regs), rubriekskrywer van Suikerbrood en Suurvye in die Gansbaai Courant het ‘n   toekenning deur Woes ontvang. Sy het in Junie ‘n  tweede plek vir haar bydrae "Al die kleure pers en rooi," wat in hierdie uitgawe verskyn, ontvang. Ons lesers is bevoorreg om weekliks haar hoë standard rubriek te lees. Oor haar skryfwêreld het sy die volgende gesê: "Woes is ‘n  webstasie waar alle liefhebbers van Afrikaanse woorde met hulle skryfsels kan gaan afklim.  Verskillende lidmaatskap opsies  wissel vanaf gratis besoek, waar jy alle bydraes kan lees en kommentaar kan lewer; ‘n  gratis bydrae opsie waar jy jou skryfsels kan publiseer en ‘n  betaalopsie met eindelose voordele vir skrywers. Daar is ook ‘n  boekwinkel waar jy skrywers se selfgepubliseerde boeke kan koop. Woes is ‘n  skrywersgemeenskap waar jy kan vriende maak en saamgesels oor die rondgooi van woorde. Projekte en kompetisies dien as aansporing vir bydraers aan Woes. Tans is die ledetal van digters die hoogste (17856) met bydraers in die Rubriek kategorie tweede hoogste met 1819 lede. Daarbenewens kan Artikels, Jeugverhale, Kortverhale, Musiek en liriek, Gorrel (algemene gedagtes) en Resensies gepubliseer word.

Ek verkies Woes omdat dit ‘n  skoon platform is. Alhoewel van my werk ook op Litnet verskyn het, vind ek laasgenoemde te regs, te liberaal en te kru, nie die soort van werf waar ek graag wil skrop nie. Ek is al vir ses jaar ‘n  woestyner, maar omdat ek vir ‘n  lang tyd onaktief was, lê my vorige geskrifte iewers in Woes se argief. Dit sluit heelwat gedigte, sowel as ‘n  kortverhaal (dalk meer) in. Wanneer ek eendag my lidmaatskap opgradeer kan ek hulle afstof en weer op die Woes-rak plaas. My groot liefde is egter rubrieke, sketse en essays. En ‘n  dikke outobiografiese fiksie wat jare lank al op die hardeskyf van my rekenaar en ‘n  stoorstokkie wag om afgerond te word.

Die geskrewe woord lê my na aan die hart. Geen prentjiebeeld kan kers vashou by die prentjie wat mens in jou verbeelding vorm wanneer jy lees nie. Jy maak slaafs vrede met die heldin se kleredrag op die skerm van die kassie, maar wanneer jy jou eie beeld vorm, is sy net meer romanties aangetrek wanneer sy haar in die man van haar drome vasloop.

Om self te skryf gee jou vrye teuels. Jy kan jou karakter bou soos wat jy hom wil hê. Andersins, roep jy ‘n  bekende karakter uit jou verlede op en skets hom soos wat jy hom onthou.

Kinders moet op skool aangemoedig word om te skryf, al is dit net die byhou van ‘n  joernaal waarin hulle geheimpies uitgestort word. Wanneer ‘n  mens jou gedagtes in swart op wit sien, is dit alreeds terapie vir ‘n  siel wat worstel met allerlei vrae en ingehoue emosies.  Dit is trouens waar ek begin het: in die bruin leer dagboekie met die klein slotjie en sleuteltjie.  My opstelle was altyd uit die hart geskryf.  Op aandrang van my standerd ses (graad agt) klasonderwyser het my ma my ingeskryf vir ‘n  kursus in die skryf van kortverhale en joernalistiek wat ek in standerd sewe (graad 9) voltooi het.

Ek is geen litirêre skrywer nie en alhoewel Letterkunde my sterkste skoolvak was, het ek geen behoefte om hooge Afrikaans te skryf nie. Noem my liewer ‘n  papiergeselser. Op my manier, soos dit in my Strandveldbloed vloei. Dieselfde bloed - alhoewel heelwat verdun - wat ook in die are van ou Dokter Con Viljee, Audrey Blignaut en SD Fourie vloei. Dalk is dit die Uilkraalsrivier se water wat ons voorsate gedrink het!"

Francois de Jongh

Woes Toekenning vir ons Carine

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant